Nikita Salo (14), ‘n Graad 7 leerder van Gansbaai Primêr is die Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) van Gansbaai se eerste aspirant hondehanteerder.
Nikita het met BARC se nuutste inisiatief deeglike opleiding van dr Louise Botha, ‘n bekende honde-opleier van Hermanus ontvang.
“Ons aanvanklike doel met hierdie inisiatief was om alle leerders se belangstelling te toets om as aspirant hondehanteerders opgelei te word,” vertel Annalie Jonker, Bestuurder van BARC.
“Ons het egter agtergekom dat daar ‘n groter behoefte daarvoor onder hoërskoolleerders bestaan en sal dus voorlopig op Gansbaai Academia se leerders fokus.”
Die fasiliteerder van hierdie opleiding is Cheryll Steyn van Pearly Beach, ‘n BARC-vrywilliger.
Enige leerders tussen die ouderdomme van twaalf en sewentien jaar is welkom om die kursus te deurloop.
Die kursusse word op Gansbaai se Gemeenskaplike Sportgronde aangebied.
Belangstellende leerders kan vir Cheryll Steyn by 072-808-8145 skakel vir opleidingsafsprake.