Voedsellekkerte

Voedsellekkerte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is nou maar eenmaal so dat voedselfoto’s in glanstydskrifte ‘n lus vir die oog is om na te kyk.

Dit is waaroor Gansbaai Fotografieklub se opleidingsessie van Maandag, 17 Oktober 2016 te Groeneweide Kwekery en Restaurant gegaan het.

Die aanbieder was Robert Johnson van Franskraal en hy het begin met ‘n aanhaling van Elliott Erwitt: “Photography is an art of observation. It has little to do with the things you see and everything to do with the way you see them.”

In sy aanbieding van voedselfotografie het Robert onder andere na die volgende aspekte verwys: die fotograaf moet volle kontrole oor alle aspekte van voedselfotografie vat; foto’s moet nie sommer net geneem word nie, deeglike voorbereiding is noodsaaklik; die belangrikheid van ‘n duursame en stewige driepoot kan nie oorbeklemtoon word nie; ‘n waterspuitbottel kan vir die effek van waterdruppels gebruik word; die sogenaamde “Goue Driehoek” moet in gedagte gehou word; beligting en die korrekte hoek van die kamera is belangrik en skaduwees moet uitgeskakel word; volledige foto’s is nie ‘n prioriteit nie – ‘n halfgevulde bord werk net so goed, maar die foto moet ‘n “storie” vertel; te veel produkte sal die foto té “besig” maak; wit materiaal wat met ‘n ronding na bo gebuig is as agtergrond, werk perfek.

“Met die insiggewende kennis wat ons vanaand opgedoen het, sien ons uit na voedselfotografie met ons foto’s wat tydens die volgende byeenkoms vertoon gaan word,” het Riaan Jacobs, voorsitter van Gansbaai Fotografieklub gesê.

Voedsellekkerte

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles