Vreugde by Elimhuis

Vreugde by Elimhuis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die kinders van Elimhuis in Gansbaai was oorstelp van vreugde tydens ‘n welwillendheidsbesoek Donderdag, 13 Oktober 2016 deur die Wacky Whalers Kwiltgroep van Perlemoenbaai.

Veelkleurige ballonne is saam met genoeg koekies, lekkergoed en ander lekkernye uitgedeel.

Geselsies is met die kinders aangeknoop en daar is heerlik saam met hulle gesing en gespeel.

“Hierdie was net ‘n sosiale besoek aan die kinders om vreugde in hul lewens in te bring,” het Olga Swanepoel, sameroeper van die groep kwilters, gesê.

Een van die groep se doelwitte is om jaarliks een projek ten bate van liefdadigheid aan te pak. Vir hierdie projekte word ‘n spesiale kwilt gemaak en vir fondsinsameling uitgeloot.

Vanjaar se kwilt was ten bate van Gansbaai Elimhuis in Kerkstraat langs Gansbaai Superspar se agterkant uitgeloot. Dit het die pragtige bedrag van R4 500 opgelewer wat ‘n tydjie gelede al aan die huis oorhandig is.

Die Wacky Whalers Kwiltgroep is sowat elf jaar gelede gestig en bestaan tans uit sowat sestien lede.

“Behalwe vir die jaarlikse liefdadigheidsprojek, werk ons verder vir onsself en vir ons eie plesier,” sê Olga. Die groep sorg egter dat hulle standaarde hoog bly en woon gereeld kursusse by, terwyl hulle gereeld sorg vir opleiding aan beginners in kwiltwerk. Loer mens in die woordeboek dan is die vertaling van “wacky” iets soos “verspot”. Kyk mens na hierdie dames se handewerk waar dit by kwiltwerk kom, kon hulle naam eerder “Artful Whalers” gewees het.

Vreugde by Elimhuis

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles