Rebel in Wynbedryf

Rebel in Wynbedryf

Gansbaai Courant

Die meeste lede van die Gansbaai Wynproegilde was verras met die aanbieding en praatjie oor die verbouing van organiese wyne tydens hul maandbyeenkoms op Vrydag, 21 Oktober 2016.

Francois van Zyl, wat homself as ‘n rebel in die wynmakersbedryf beskou, is ‘n wynmaker van Laibach Wyne by Simonsberg naby Stellenbosch en was die aanbieder.

Hierdie wynmakery was die eerste in die vervaardiging van organiese wyne, wat onder ander een van Woolworths se grootste verkaffers is.

“Ek is ‘n rebel en nie ‘n bemarker nie - die maak van wyn is nie vir my ‘n ‘show business’ nie,” was sy inleidende en reguit opmerking.

“Vir my gaan dit oor die elegansie van wyn.” Sy opmerking oor ‘n goeie Pinotage is: “Pinotage is made of women’s tongues and lions hearts. Then you can talk for ever and be brave like a lion!”

Francois is in Robertson gebore waar hy in 1993 matrikuleer. Hy studeer aan Elsenburg Kollege vir drie jaar, waar hy die KWV-toekenning vir die beste wynboustudent ontvang en eindig onder die eerste tien beste studente wat gekies is om as wynmakers opgelei te word.

Na die voltooiing van sy studies, doen hy vir vier jaar in Frankryk ondervinding op: Bagordi in die Rioja-streek, Chateau Bonalgue en Clos du Clocher in die Pomerolstreke en daarna selfs in die koue Serbia.

Laibach Wyne vervaardig slegs organiese wyne en behalwe vir ‘n geringe hoeveelheid swael vir die gistingsproses, word geen ander bymiddels gebruik nie - selfs nie eers houtblokkies om die geur van houtsoorte na vore bring nie.

Francois het na sowat agt en tagtig produkte verwys wat in die maak van wyn gebruik word, asook die besproeiing van wingerde. In hulle geval is daar geen besproeiing of gifstowwe wat nodig is nie.

As gevolg daarvan het hulle laer produksiegetalle en hulle wyne het ook nie ‘n hoër alkohol-inhoud as 13% nie.

Die organiese wyne wat te proe aangebied is: 2016 Ladybird Chenin Blanc; 2015 Ladybird White Organic, hulle eerste wit organiese wyn (‘n versnit van Chardonnay met 5% Vionier en 5% Chenin Blach); 2015 Pinotage; 2015 Merlot; 2014 Ladybird Red Organic; 2014 Friedrich Laibach (die stigter se versnit).

Vir die eerste keer met ‘n wynproe-byeenkoms, het al ses wyne wat te proe aangebied is, ‘n suiwer goue toekenning deur die lede en gaste ontvang, met enkele teenstemme in sommige gevalle.

Die Great White House se sjef, Chris Pead, het die gaste weer eens met uitstaande disse oorrompel.

Besoek gerus die webtuiste, www.laibachwines.com, om meer oor hierdie organiese verbouing te wete te kom.

Rebel in Wynbedryf

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles