Rebel in Wynbedryf

Rebel in Wynbedryf

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die meeste lede van die Gansbaai Wynproegilde was verras met die aanbieding en praatjie oor die verbouing van organiese wyne tydens hul maandbyeenkoms op Vrydag, 21 Oktober 2016.

Francois van Zyl, wat homself as ‘n rebel in die wynmakersbedryf beskou, is ‘n wynmaker van Laibach Wyne by Simonsberg naby Stellenbosch en was die aanbieder.

Hierdie wynmakery was die eerste in die vervaardiging van organiese wyne, wat onder ander een van Woolworths se grootste verkaffers is.

“Ek is ‘n rebel en nie ‘n bemarker nie - die maak van wyn is nie vir my ‘n ‘show business’ nie,” was sy inleidende en reguit opmerking.

“Vir my gaan dit oor die elegansie van wyn.” Sy opmerking oor ‘n goeie Pinotage is: “Pinotage is made of women’s tongues and lions hearts. Then you can talk for ever and be brave like a lion!”

Francois is in Robertson gebore waar hy in 1993 matrikuleer. Hy studeer aan Elsenburg Kollege vir drie jaar, waar hy die KWV-toekenning vir die beste wynboustudent ontvang en eindig onder die eerste tien beste studente wat gekies is om as wynmakers opgelei te word.

Na die voltooiing van sy studies, doen hy vir vier jaar in Frankryk ondervinding op: Bagordi in die Rioja-streek, Chateau Bonalgue en Clos du Clocher in die Pomerolstreke en daarna selfs in die koue Serbia.

Laibach Wyne vervaardig slegs organiese wyne en behalwe vir ‘n geringe hoeveelheid swael vir die gistingsproses, word geen ander bymiddels gebruik nie - selfs nie eers houtblokkies om die geur van houtsoorte na vore bring nie.

Francois het na sowat agt en tagtig produkte verwys wat in die maak van wyn gebruik word, asook die besproeiing van wingerde. In hulle geval is daar geen besproeiing of gifstowwe wat nodig is nie.

As gevolg daarvan het hulle laer produksiegetalle en hulle wyne het ook nie ‘n hoër alkohol-inhoud as 13% nie.

Die organiese wyne wat te proe aangebied is: 2016 Ladybird Chenin Blanc; 2015 Ladybird White Organic, hulle eerste wit organiese wyn (‘n versnit van Chardonnay met 5% Vionier en 5% Chenin Blach); 2015 Pinotage; 2015 Merlot; 2014 Ladybird Red Organic; 2014 Friedrich Laibach (die stigter se versnit).

Vir die eerste keer met ‘n wynproe-byeenkoms, het al ses wyne wat te proe aangebied is, ‘n suiwer goue toekenning deur die lede en gaste ontvang, met enkele teenstemme in sommige gevalle.

Die Great White House se sjef, Chris Pead, het die gaste weer eens met uitstaande disse oorrompel.

Besoek gerus die webtuiste, www.laibachwines.com, om meer oor hierdie organiese verbouing te wete te kom.

Rebel in Wynbedryf

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles