Pelgrimstappers sê daar is baie hoop in ons land

Pelgrimstappers sê daar is baie hoop in ons land

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Om die tagtig trappies by Walker Bay Donderdagmiddag (20 Oktober 2016) uit te klim, was dié dag se grootste uitdaging vir agt stappers op hul Pelgrimstog van Hoop. Die staptog wat oor ongeveer 314km strek vanaf Stellenbosch tot by Agulhas het agt mense wat mekaar “nie van Adamskant” af geken het nie, byeen gebring op ‘n vyftien dae lange tog, oor onder andere die Swartberge. 

Al wat hulle in gemeen gehad het, was dat hulle NG Kerk lidmate is.

Vandag is hulle intieme vriende wat “hoop” in ons land gaan soek het en baie daarvan gevind het. 

Hulle het ook hulself herontdek, vertel hulle, terwyl hulle hul voete rus en hulle kaalvoet, of met gemaklike plakkies, ontspan in die De Kelders-vakansiehuis van ‘n weldoener, Nonna de Vos.

Die groep wat bekendstaan as die Strauss-Pelgrims se woordvoerder is Michiel Strauss – oud-predikant van Stellenbosch. Hy vertel dat hierdie ook sy eie pelgrimstog was – ‘n Camino van Hoop.

Die idee om ‘n Suid-Afrikaanse Pelgrimsroete te vind, het in 2012 by Frederick Marais van Stellenbosch ontstaan nadat hy die Camino de Santiago in Spanje gestap het.

So het die Pelgrimstog van Hoop saam met Communitas, ‘n sentrum vir gemeentebegeleiding van die NG Kerk posgevat.

Die Strauss-groep is die tweede groep wat ‘n Kaaproete aanpak.  Daar is ‘n nuttige boek beskikbaar gestel van die ander Kaap-roete, die Tankwa Camino tussen Ceres en Calvinia.  Die boekie bevat waardevolle inligting wat voornemende stappers sal help op hul roete.

Die Strauss-Pelgrims, wie se ouderdomme wissel van 38 tot 68, is baie opgewonde oor die inligting wat hulle na afloop  van  die  tog aan voornemende stappers bekend kan maak. Hulle het op 9 Oktober na‘n nagmaalsviering op Stellenbosch begin stap. Hulle vertel van hul ervarings by die Pniël-gemeente, hul besoek aan die museum daar, hul Franschhoek-ervaring, deur Boschendal, hul gesels en lag oor “Cat se Pad”, hulle aand by die VCSV-kamp by Carmel – hoe hulle mekaar elke dag beter leer ken  het, lang  ente kon filosofeer oor hul spirituele ervarings. Hulle het verskeie kerke besoek en is eens met die feit dat hulle volgeling van die Here Jesus is en saam kon bid.

Hulle raak bewoë oor ‘n “Oom Francois” wat 4 km voor Villiersdorp by hulle gestop het – hulle was poegaai – hulle opgelaai het en dat hulle moes uitvind dat ook hy die Spaanse Camino gestap het. Hulle het oor ‘n wildheining geklim, hulle is deur die Hemel-en-Aarde Vallei, hulle was by Hermanus se Uitkykpunt, Olifantpad langs, hulle lag oor die lang pad op soek na die kruis by Wortelgat.  Iemand het vir hulle gesê die kruis is net oor die duin, maar ‘n moeilike 5km se stap verder, het hulle uiteindelik die kruis bereik.

Die baanbrekers het Vrydag via Baardskeerdersbos oor Elim, deur die Springfield Nasionale Park gestap om Sondag by Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika, te bereik. Daar het hul families hulle ontmoet en is hulle staproete afgesluit met ‘n gebed deur ds Franciska Andrag-Meyer. Enigiemand wat belangstel om hierdie pelgrimstog aan te pak, kan ‘n epos stuur aan:  pilgrim@sun.ac.za.

Pelgrimstappers sê daar is baie hoop in ons land

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles