Hoe werk dit?

Hoe werk dit?

Gansbaai Courant

Hierdie skrywe word met ‘n swaar gemoed gedoen.  Ek hoop die rede daarvoor word duidelik soos ek vorder.

Ek het, soos baie ander skippers, my skippersertifikaat verkry deur ‘n kursus te deurloop toe dit nog erns was om jou behoorlik te kwalifiseer en seker te maak dat jy met veiligheid en vertroue kan see toe gaan. 

Deur die jare is daar dan ook skippers wat deur ondervinding opdoen, seker gemaak het dat hulle veiligheid eerste stel en met selfvertroue hulle bote bewerk het. 

Ongelukkig het daar goed gebeur wat veroorsaak het dat baie van hierdie manne handdoek moes ingooi en hulle bote verkoop het.  En dis nie gedoen omdat hulle enigsens wou nie – daar is vir hulle geen keuse gelaat nie.  Dis ‘n hartseerstorie wanneer manne wat lief is vir die see en dit lankal al deel uitmaak van hulle daaglikse bestaan, genoodsaak is om dit alles op te gee.

‘n Groot jammerte.

Daar is die afgelope jaar of wat nuwe reëls neergelê en die klem is geplaas op veiligheid as rede daarvoor.  Enigeen met verstand sal verstaan dat omstandighede verander en nuwe uitvindsels veiligheid sal bevorder.  Dit sal dus nodig wees om aan te pas. 

Daar blyk egter geen grens te wees nie en indien die ouer manne hulleself op see bewys het, behoort dit sekerlik in ag geneem te word met die toepassing daarvan.

Ek gaan ‘n paar voorbeelde noem:  Van die bote moes ekstra vlottasie verkry.  ‘n Nuutjie was dat daar voorsiening gemaak moes word vir jou buiteboordmasjiene.

Die rede? Indien jou boot omslaan en daar is nie genoegsame vlottasie nie kan dit gevaarlik wees, want die boot gaan nie behoorlik dryf nie.  Dit maak wel sin, behalwe dat baie manne al jare regkom en baie selde probleme opgetel het. 

Die nuwe vlottasiesertifikaat moet opgestel word deur ‘n ingenieur – en dit beteken baie geld.  Nie baie mense het kans gesien hiervoor nie.  Toe die nuwe draadlose:  Ons modelle het nog goed gewerk, maar veiligheid kom eerste en jy sál verander.  Gooi weg die oues, jy móet die nuwes kry.  Indien jy nie enige kontakte het nie beteken dit nog so ‘n R10 000. 

Die skipperskursus wat jy jare terug verkry het en jy terselfdertyd ‘n baie deeglike radioprosedure moes deurloop, beteken ook niks nie.

Veiligheid sien.

Vir ‘n klomp mense is dit onmoontlik om hul finansies in orde te kry, so daar is net een uitkoms - raak ontslae van die boot.  Hoewel geld ‘n groot probleem is, glo ek dat daar ‘n ander kant van die saak is.  Onthou, vir die gewone skipper is daar geen bystand nie, geen borg om op te reken nie en baie van hulle moet hulle prioriteite in gedagte hou om te oorleef.

Dit lyk asof hierdie manne geteiken word en aangesien hulle nie geldelik meer kan bydra nie, word hierdie nuwe regulasies gebruik om hulle by te kom.  Veiligheid is ‘n baie gerieflike verskoning en dis tersefdertyd ook ‘n geldige beweegrede.  Selfs die skippers kan ongelukkig nie hieroor stry nie.

My simpatie lê by al hierdie manne wat reeds opgegee het en natuurlik, al die ander wat nog gaan volg.  Dis ‘n hartseerstorie en kan so anders gewees het.  Moet dit gelê word by “die tegnologie haal ons in”? 

Van ons probeer tog nog! 

Groete, Seemeeu

Hoe werk dit?

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles