Hoe werk dit?

Hoe werk dit?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hierdie skrywe word met ‘n swaar gemoed gedoen.  Ek hoop die rede daarvoor word duidelik soos ek vorder.

Ek het, soos baie ander skippers, my skippersertifikaat verkry deur ‘n kursus te deurloop toe dit nog erns was om jou behoorlik te kwalifiseer en seker te maak dat jy met veiligheid en vertroue kan see toe gaan. 

Deur die jare is daar dan ook skippers wat deur ondervinding opdoen, seker gemaak het dat hulle veiligheid eerste stel en met selfvertroue hulle bote bewerk het. 

Ongelukkig het daar goed gebeur wat veroorsaak het dat baie van hierdie manne handdoek moes ingooi en hulle bote verkoop het.  En dis nie gedoen omdat hulle enigsens wou nie – daar is vir hulle geen keuse gelaat nie.  Dis ‘n hartseerstorie wanneer manne wat lief is vir die see en dit lankal al deel uitmaak van hulle daaglikse bestaan, genoodsaak is om dit alles op te gee.

‘n Groot jammerte.

Daar is die afgelope jaar of wat nuwe reëls neergelê en die klem is geplaas op veiligheid as rede daarvoor.  Enigeen met verstand sal verstaan dat omstandighede verander en nuwe uitvindsels veiligheid sal bevorder.  Dit sal dus nodig wees om aan te pas. 

Daar blyk egter geen grens te wees nie en indien die ouer manne hulleself op see bewys het, behoort dit sekerlik in ag geneem te word met die toepassing daarvan.

Ek gaan ‘n paar voorbeelde noem:  Van die bote moes ekstra vlottasie verkry.  ‘n Nuutjie was dat daar voorsiening gemaak moes word vir jou buiteboordmasjiene.

Die rede? Indien jou boot omslaan en daar is nie genoegsame vlottasie nie kan dit gevaarlik wees, want die boot gaan nie behoorlik dryf nie.  Dit maak wel sin, behalwe dat baie manne al jare regkom en baie selde probleme opgetel het. 

Die nuwe vlottasiesertifikaat moet opgestel word deur ‘n ingenieur – en dit beteken baie geld.  Nie baie mense het kans gesien hiervoor nie.  Toe die nuwe draadlose:  Ons modelle het nog goed gewerk, maar veiligheid kom eerste en jy sál verander.  Gooi weg die oues, jy móet die nuwes kry.  Indien jy nie enige kontakte het nie beteken dit nog so ‘n R10 000. 

Die skipperskursus wat jy jare terug verkry het en jy terselfdertyd ‘n baie deeglike radioprosedure moes deurloop, beteken ook niks nie.

Veiligheid sien.

Vir ‘n klomp mense is dit onmoontlik om hul finansies in orde te kry, so daar is net een uitkoms - raak ontslae van die boot.  Hoewel geld ‘n groot probleem is, glo ek dat daar ‘n ander kant van die saak is.  Onthou, vir die gewone skipper is daar geen bystand nie, geen borg om op te reken nie en baie van hulle moet hulle prioriteite in gedagte hou om te oorleef.

Dit lyk asof hierdie manne geteiken word en aangesien hulle nie geldelik meer kan bydra nie, word hierdie nuwe regulasies gebruik om hulle by te kom.  Veiligheid is ‘n baie gerieflike verskoning en dis tersefdertyd ook ‘n geldige beweegrede.  Selfs die skippers kan ongelukkig nie hieroor stry nie.

My simpatie lê by al hierdie manne wat reeds opgegee het en natuurlik, al die ander wat nog gaan volg.  Dis ‘n hartseerstorie en kan so anders gewees het.  Moet dit gelê word by “die tegnologie haal ons in”? 

Van ons probeer tog nog! 

Groete, Seemeeu

Hoe werk dit?

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles