Sopnat Theewaterskloof Interklub

Woensdag se Sloegterskompetisie word gewen deur Leon Hattingh met 42 punte, gevolg deur Fanus Walters 40, Daan Victor 39, Charlie Bent 37, Johan Coetzee 36, Sextus Neethling 36, Hugo Groenewald 36, Jannie Brandt 34, Steve Muller 34, Gina Esterhuizen 34. 

Naaste aan penne was Bev Swart op  no 2 & 11 en Johan Pieterse op no 8 & 17.  Johan Coetzee wen die Boerpotputjies no 5, 10 & 15.

Vrydag se 9-putjie kompetisie is gewen deur Leon Lombard met 19 punte, gevolg deur George Hunt 18, Andre Coetzee 17 en Solly Wessels 15.

Saterdag se kompetisie, ‘n 2 Ball American Scramble - was Danie en Marietjie Fourie met 64 in die wenplek, gevolg deur June Rahn en Pieter Loubser 64, Daniel van der Merwe en Francois van der Merwe 64, Dick de Kock en André Roos 64, Richard Bentz en Melvin Tobias 65, Jakkie Beukes en Lieb Louw 66, Solly Wessels en Elias Matthee 67, George Hunt en Sextus Neethling 69, Etienne Engelbrecht & Hennie Kriel 69 en Bev Swart & Steve Muller 70. 

Naaste aan die penne op no 2 & 11 was Francois van der Merwe, op 8 & 17 was Daniel van der Merwe en Lieb Louw op no 15. 

Spogtwee’s word aangeteken deur El Matthee (2), Etienne Engelbrecht (17) en Lieb Louw (11).

Interklub  op Theewaterskloof was ‘n sopnat affêre - lekker gereën!  Uitslag was soos volg: Caledon 169, Kleinmond 161, Gansbaai 160, Hexvallei 157 en Theewaterskloof 156.  Mooi gespeel, Gansbaai Span!

Steakbraai vind plaas op Vrydag 28 Oktober. 

Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n 4BBB Stableford en word aangebied met komplimente van die “Rookkamer Stokers”!

Thorburn Security Gholfdag sal nou gespeel word op 26 November.

Johan Coetzee,  082-878-0534, gbgholf@gmail.com

Die Gansbaai-span het goed gespeel tydens die sopnat Theewaterskloof Interklub Kompetisie. Die span vlnr: Malcolm Bury, Paul Raad, Gina Esterhuizen, Leon Lombard, Johan Coetzee, Jacques Nell, Charlie Bent en Johann Kruger.
Gansbaai_Courant_New