Franskraal Rolbalgeselsies

Franskraal Rolbalgeselsies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ek dink daar is baie mense wat die naam Olga in Gansbaai ken - met vriendelike blou oë en ’n verfkwas in die hand. Toe hoor my ore dat Olga nog ’n ander talent gaan uithaal het … sy het begin rolbal speel. Saam met nog twee nuwelinge is hulle baie bedrywig op die rolbalbaan.

Toe ek vir Olga vra hoe sy die spel ervaar, antwoord sy: “Riaan Cruywagen het ’n televisiepro-gram genaamd ‘Met ‘n huppel in jou stap’. Nou na nege jaar se verblyf in Gansbaai weet ek verseker wat maak Gansbaai lekker - sy mense!

Ek word uitgenooi na ’n pretdag by die rolbalklub. Al het jy nog nooit ’n rolbal in jou hande gehad nie, is jy genooi om te kom saamspeel. Wat meneer en mevrou Alleman egter nie weet nie, is dat ’n rolbal ‘n duistere binnekant het. Jy kan besluit om mooi reguit te rol, maar hierdie bal besluit self hy’t lus om of regs of links te draai. Wat jy as speler moet leer is dat daar ’n gewig binne die een plat kant van die bal geplaas is wat hom met ‘n spesifieke kurwe koers laat kies. Groot pret! Jy leer die grasoppervlakte, jy ontmoet gawe mense, én jy is buite in die heerlike onbesmette vars lug van die Overberg. Kom kyk, kom speel saam en sit ’n huppel in jou stap. Ek noem dit rolbalpret.”

Dankie Olga. Dit klink vir my na ’n “moet”. Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat Franskraal se klub gereeld opedae reël vir almal wat ’n behoefte het om, soos Olga, ‘n huppel in hulle stap terug te sit. Kontak vir Archie Chambers as jy wil seker maak hoe laat en waar.

Vriendelike rolbalgroete.

Ankie

Franskraal Rolbalgeselsies

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles