Biblioteek se Zelda tree uit

Biblioteek se Zelda tree uit

Gansbaai Courant

Na 42 jaar, ‘n leeftyd, in diens van die Gansbaai Munisipaliteit het Zelda Fourie (eggenote van Flip Fourie wat onlangs ook na jare se diens by Gansbaai Marine met pensioen afgetree het) pensioenleeftyd bereik.

Haar laaste werksdag by die openbare biblioteek in Gansbaai was op 31 Oktober 2016.

Zelda was aanvanklik deur die destydse Poskantoor in Gansbaai as telefoniste aangestel voordat sy deur die destydse Munisipaliteit Gansbaai aangestel is as bibliotekaris.

Sedert 1999 beklee sy die pos van Biblioteek Assistent by die openbare biblioteek in Gansbaai. Haar diens was egter tydens ‘n swangerskap gedurende 1985/86 onderbreek. Die egpaar het drie kinders, Carmen, René en Flippie, wat almal onder ma se vlerk al diens gedoen het by die biblioteek.

Dit was sommer op vroeë ouderdom al duidelik dat hulle die werk wat hul ma doen baie geniet en dat hulle dit ook geniet het om saam met haar te werk.

Die bekwame en vriendelike Ronette Dreyer, ‘n ou bekende in die Gansbaai biblioteek, is aangestel om Zelda met ingang van 1 Desember 2016 op te volg. 

Zelda is gelukkig nie dadelik totaal verlore vir die biblioteek nie, aangesien sy nog vir November 2016 op ‘n tydelike basis sal uithelp.

Namens die gemeenskap van Gansbaai en ook haar mede kollegas by die Munisipaliteit wil ons  haar en haar familie hartlik bedank vir baie jare se goeie diens in die biblioteek en wil ons ook vir haar alle voorspoed vir die toekoms toewens. 

Ons vertrou dat sy in hierdie nuwe fase van haar lewe geseënd sal wees met goeie gesondheid en dat sy meer tyd vir haarself,  haar familie en vriende sal hê. 

Ons sê totsiens maar nie vaarwel.

Biblioteek se Zelda tree uit

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles