Biblioteek se Zelda tree uit

Biblioteek se Zelda tree uit

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Na 42 jaar, ‘n leeftyd, in diens van die Gansbaai Munisipaliteit het Zelda Fourie (eggenote van Flip Fourie wat onlangs ook na jare se diens by Gansbaai Marine met pensioen afgetree het) pensioenleeftyd bereik.

Haar laaste werksdag by die openbare biblioteek in Gansbaai was op 31 Oktober 2016.

Zelda was aanvanklik deur die destydse Poskantoor in Gansbaai as telefoniste aangestel voordat sy deur die destydse Munisipaliteit Gansbaai aangestel is as bibliotekaris.

Sedert 1999 beklee sy die pos van Biblioteek Assistent by die openbare biblioteek in Gansbaai. Haar diens was egter tydens ‘n swangerskap gedurende 1985/86 onderbreek. Die egpaar het drie kinders, Carmen, René en Flippie, wat almal onder ma se vlerk al diens gedoen het by die biblioteek.

Dit was sommer op vroeë ouderdom al duidelik dat hulle die werk wat hul ma doen baie geniet en dat hulle dit ook geniet het om saam met haar te werk.

Die bekwame en vriendelike Ronette Dreyer, ‘n ou bekende in die Gansbaai biblioteek, is aangestel om Zelda met ingang van 1 Desember 2016 op te volg. 

Zelda is gelukkig nie dadelik totaal verlore vir die biblioteek nie, aangesien sy nog vir November 2016 op ‘n tydelike basis sal uithelp.

Namens die gemeenskap van Gansbaai en ook haar mede kollegas by die Munisipaliteit wil ons  haar en haar familie hartlik bedank vir baie jare se goeie diens in die biblioteek en wil ons ook vir haar alle voorspoed vir die toekoms toewens. 

Ons vertrou dat sy in hierdie nuwe fase van haar lewe geseënd sal wees met goeie gesondheid en dat sy meer tyd vir haarself,  haar familie en vriende sal hê. 

Ons sê totsiens maar nie vaarwel.

Biblioteek se Zelda tree uit

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles