VLV vrouens ontdek ‘township’

VLV vrouens ontdek ‘township’

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Vol program is tydens Gansbaai Vroue-Landbou-vereniging (VLV) se onlangse Openbare sake vergadering onder leiding van Marianna van Rensburg gevolg.

Die voorsitter, Rienie Lüdick het die verwelkoming hanteer, met spesiale verwysing na die eregaste, Glenda Kitley (Bestuurder: Gansbaai Toerisme), Ally Msweli (Masakhane Township Tours) en Corrie Fourie (visie-sirkelpresident van die VLV Overbergsirkel).

Glenda Kitley het die vrouens ingelig oor die vele aktiwiteite in die Gansbaai/Overberg-streek en die uitnodiging gerig dat vakansiebesoekers na Gansbaai Inligtingskantoor vir meer besonderhede verwys kan word.

Ally Msweli het op sy beurt vertel van “Masakhane Township Tours”, gepaardgaande met begeleide toere deur Masakhane en tradisionele etes wat aangebied word, asook staptoere langs die kus en deur die fynbos.

Corrie Fourie het nuus vanaf die VLV Overbergsirkel aan die anderkant van die Akkedisberg aan die vrouens oorgedra.

Sy het op interessante wyse van die sogenaamde “middelrûens” vertel en dat dit tussen die R316 en die N2 is. Dit is graanwêreld en sy het vier graansoorte saamgebring, waarvan sy meer vertel het:

Koring - blougroen van kleur met lang are wat vir meel en stampkoring gebruik word; Gars (Barley) - ligter groen van kleur as die koring met fyner are en langer baard, wat vir bierbrou en gort gebruik word; Hawer - dit waai in die wind met weinig are en word vir perdevoer en ontbytpap (oats) gebruik; Kanola - ‘n bosserige peulplant met heldergeel blommetjies op lande wat asemrowend mooi vertoon wanneer dit in blom is.

Dit word vir margarien en olie gebruik, met die saadjies wat ook vir beskuit gebruik kan word.

Gansbaai VLV Tak se jaarafsluiting het met ‘n gesellige: “Afternoon Tea” op Dinsdag, 1 November 2016 plaasgevind.

VLV vrouens ontdek ‘township’

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles