Suksesvolle 4BBB Stableford

Woensdag se Enkel Stableford Sloegterskompetisie is gewen deur George Hunt met 44 punte, gevolg deur Dick de Kock 39, Sextus Neethling 37, Solly Wessels 37, Andre Roos 36, Hugo Groenewald 35, Jannie Brandt 34, Johan Coetzee 34, Bobby Brandt 33 en Fanus Walters 32. Naaste aan die penne was Richard Bentz op no 2 & 11 en Solly Wessels op no 8 & 17.  Dick de Kock wen die Boerpotputjies no 3, 4 en 14. 

Vrydag se 9-putjie kompetisie is gewen deur Solly Wessels met 22 punte, gevolg deur Daan Victor 19, Jakkie Beukes 19, ET Engelbrecht 18. Naaste aan die pen was Daan Victor op no 17. George Hunt teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 11. 

Saterdag se kompetisie was ‘n 4BBB Stableford en is deur klublede geborg - ‘n mooi gebaar. Die wenners was Bev Swart en Steve Muller 48, gevolg deur Hugo Groenewald en Fanus Walters 47, Jacques Nell en George Hunt 46, Solly Wessels en El Matthee 45, Louis van der Vyver en Richard Bentz 44, Bobby Brandt en June Rahn 44, Johan Coetzee en Daan Victor 43, ET Engelbrecht en Leon Lombard 43, Lambert Smith en Johan Schneider 42, Leon Hattingh en Andre Roos 41. Naaste aan die penne was Leon Lombard op no 2 & 11, Jacques Nell op no 8 & 17 en Bobby Brandt op no 15. Spog Twee’s word aangeteken deur Lieb Louw (11) en Leon Lombard (11). It is such a delight to watch June Rahn playing golf - what a lady. 

Die Steakbraai is goed bygewoon en George Hunt het die heerlikste sagte steaks gebraai, met George en die dames wat vir slaaie gesorg het.

Die klub se eregas was Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, om hom te bedank vir sy volgehoue ondersteuning.

Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Maandelikse Houespel.

Gansbaai Golf Club
Johan Coetzee
082 878 0534
gbgholf@gmail.com

Die wenners van Saterdag se 4BBB Stableford was Steve Muller (links) en Bev Swart.
Gansbaai_Courant_New