Die nuwe netbalbaan langs die klaskamers van Gansbaai Academia is Donderdag, 27 Oktober 2016 amptelik deur Kapt Gerda Groenewald van Gansbaai SAPD geopen. Kapt Groenewald is ook die ondervoorsitter van Gansbaai Academia se Beheerliggaam.
Die baan het sowat R38 000 gekos en die hoofborge is mnr en mev Juan Swanepoel.
Die opening van die netbalbaan het saamgeval met Gansbaai Academia se Dankie-sê funksie wat spesiaal vir borge van die skool gereël is.
Toeskouers was heel verbaas toe hulle agterkom dat die spelers wat die baan ingewy het, onderwysers en onderwyseresse is wat teen mekaar gespeel het.
Elke span het lojale ondersteuners gehad, maar moes ook kort-kort heerlike skaterlag aanhoor.
Na die “tawwe” wedstryd is almal na die onthaalarea waar daar gesellig saamgekuier is nadat mnr Wilson die bedankings afgehandel het.