Kwas en naald spel kuns

 Kwas en naald spel kuns

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wanneer jy ‘n kunstige temperament met ‘n mediese veeg kruis, kry jy Adrie Nigrini – en daardie Nigrini moet Italiaans uitgespreek word – let wel - en sy sê dit tog al te mooi!

Adrie Nigrini is een van die nuwe entrepreneurs in ons dorp wat onlangs die salon “Beauty Spot” in Hoofstraat geopen het.

Adrie vertel dat sy net drie wekies oud was toe sy al vir die eerste keer hier in Gansbaai kom vakansie hou het saam met Oupa Okkie en Ouma Doll Burger van Robertson.

Goeie herinneringe.

Met die inisiatief van haar kunstige argitek lewensmaat Martin Prinsloo, het die naam en handelsmerk van ‘The Beauty Spot’ gestalte gekry.

Adrie is reeds bekend in Gansbaai vir haar tatoëer-kuns, maar min mense weet dat sy al jarelank paaie kruis tussen medies georiënteerde beroepe en kuns, vandaar haar beheptheid met higiëne.  Sy het selfs ‘n spesiale ultravioletligsteriliseerder en autoclaaf aangekoop waarin elke stukkie toerusting in haar salon kiemvry gemaak word.

Sy was vir 15 jaar lank ‘n tandartsstoelassistent en tandteatersuster. 

Haar passie om mense te help kom al van standerd een af toe sy begin het met noodhulpklasse.

Adrie het deeltyds begin studeer en terwyl sy ‘n apteekassistent in Durbanville was, het die kunsstreep wat sy van haar ouma-grootjie geëerf het, haar gelei van pottebakker tot pastel-kunstenaar.

Dié dat sy vandag ‘n vaste hand het wanneer sy sekuur haar kliënte se permanente grimering, wimperverlengings, akriel- en jelnaels aanwend en versier.

Sy het haar permanente grimering en mikrolemtegniek by die befaamde Yvonne Hughes van Somerset-Wes bemeester en pas hierdie kunstige wenkbroutegniek al vir meer as ‘n dekade toe.

Sowat tien jaar gelede was sy ook ‘n dosent vir die OPI internasionale reeks skoonheid- en naelprodukte.

By Adrie se salon word haar kliënt nie in ‘n tydgleuf ingedruk nie – tegniek, verweef met higiëne neem tyd – en dit is wat sy by The Beauty Spot aanbied: Kunstige, tydsame, ge-oefende tegniek.

 Kwas en naald spel kuns

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles