Manne met kennis van die see

Manne met kennis van die see

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Aan die stuur van die nuwe Eigelaar Marine Store, is ‘n man met ‘n hart vir die see – Pieter du Toit.

Pieter ken die seebedryf.  As boorling van De Doorns het hy kompeterend aan Rots-en-Strand hengel deelgeneem en met Boland Kleure as junior en senior hengelaar na Presidentskleure gevorder.

Na skool het hy kommersieel lynvis gevang saam met welbekende Oom Pieter (Kalbas) du Toit.  Op die boot Runtu, van oorlede Oom Eben Wessels het hy die treilvisbedryf betree.  Hy het ook saam met Oom Eben se seun, Ian – van die welbekende boot “Wildegans” gewerk.

Aan die einde van 2000 is hy terug De Doorns toe om sy pa in sy supermark by te staan, maar die besigheid is verkoop nadat sy pa se gesondheid ernstig agteruit gegaan het.

Pieter het teruggekeer na waar sy hart lê en sy brood as lynvisser in Gansbaai kom verdien.

‘n Nuwe wêreld het vir hom oopgegaan toe hy in 2010 ‘n werksaanbod van Marine Dynamics ontvang het.  Hy was aanvanklik deel van die bootbemanning, maar het hom binne ‘n jaar opgewerk as skipper van die bote Slashfin en Dream Catcher.  Pieter is baie dankbaar vir dit wat Wilfred Chivell, direkteur van die Marine Dynamics groep, vir hom beteken het.

Met hierdie agtergrondkennis van die vissersbedryf, was Pieter dus die ideale persoon vir die Eigevis-groep wat vandeesmaand aan boord gekom het in Gansbaai met hul Eigelaar Marine Store.    Die groep is bekend oor die hele Weskus met winkels van die Kaap tot by Mosselbaai. 

Die goed gevestigde maatskappy besit ook ‘n paar hotelle en drankwinkels. Hulle doel is om goeie diens te lewer in Gansbaai.

Pieter word in die winkel bygestaan deur Gerald Visser, ‘n gebore Gansbaaier met ‘n stewige  agtergrondkennis van die see.

Manne met kennis van die see

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles