So moet jy maak, sê hy

So moet jy maak, sê hy

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

So ‘n paar jaar gelede het Jacques Viljoen (een van die jonger Hardebaarde, daardie tyd) sy mening gelug oor hoe hy sy hengeltegniek toepas.  Ons herhaal hiermee sy interessante sienswyse, woord vir woord:

“Ek glo aan die volgende:  Elke vis het sy tyd en plek, maar daar is altyd die uitsondering – vang die vis volgens die tyd van die jaar en die weer.  Die noordwester byvoorbeeld, maak die water warmer en veroorsaak dat die vis dieper byt.  Dit is egter dieselfde kabeljou wat vlak én dieper byt.  Normaalweg, tydens die somer se suidoosterwinde beweeg die vis na Frikkiesbaai, asook na Holbaai.  My geliefkoosde tyd vir Franskraal is gedurende Desember tot Maart.  Ek verkies ‘n 11/0-hoek vir die kabeljou en ‘n lynsterkte van 46kg.  Soms sal ek ‘n tjokka heel aansit, met die kopkant na die hoek se punt toe.  Normaalweg gebruik ek ook ‘n heel sardyn as aas en ‘n ligte sinkertjie, in geval van ‘n stroom.  ‘n Ander tegniek van my is om ‘n twakkie se ruggraat uit te sny en dan die kop en die twee sye saam as aas te gebruik.  ‘n Ligte lyn deug nie vir my nie.  Nog iets waaraan ek glo:  Soek die sandsloepe op – sonder om geraas te maak.  “Dik” water is uit.  Die kleur moet half deurskynend wees.  In die aand is vaalwater egter nie so kritiek nie.  My visstok gebruik ek om moeilike plekke te bereik.  Let ook maar op, wanneer die aasvissies ophou met byt is dit moontlik, omdat die ou groot bulle skielik opgedaag het.”

Sy kommentaar bly steeds baie interessant. Dankie weer eens, Jacques.  Almal wat hierdie man ken weet dat hy al heelwat van die groot bulle op sy kerfstok het, so neem maar kennis.

Hou die volgende ook in gedagte:  Sleepvis (die vis moet nie gesien word nie) sandvis (die vis word in die sand gebêre) en nou ja, galjoen – een en dieselfde ding!

Die amptelike vangseisoen is verby en as jy so ‘gelukkig’ is om te  deel in hierdie vangste, wees gewaarsku.  Die boete is allervreesliks.

Groete,
Seemeeu

So moet jy maak, sê hy

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles