Seevroue neem afskeid met ‘n traan

Die Kleinbaai See-en-Teekring het 2016 op ‘n gesellige noot tydens hul byeenkoms op Woensdag, 2  November 2016 afgesluit - maar ook met ‘n traan in die oog.

Hulle het afskeid geneem van Bertha Brits wat vir die afgelope tien jaar as voorsitter gedien het. Sy sal wel as lid aanbly en gereeld as ‘n gasvrou ingespan word.

Kleinbaai See-en-Teekring is sowat 27 jaar gelede op 19 Februarie 1989 deur dertien vroue gestig met die doel om sommer net rustig saam te kuier. Aanvanklik het hulle in ‘n huis bymekaar gekom, maar met die aanwas van lede na sowat vyftig, het hulle na Overberg Boothengelklub se saal verskuif.

Hul byeenkomste het ook nie net by saamkuier gebly nie, maar is gekenmerk deur vele interessante en leersame aanbiedinge.

Hoogtepunte gedurende 2016 is onder andere: ‘n Praatjie oor walvisse en die jaarlikse telling van hierdie reuse diere; ‘n lente sangkompetisie; ‘n besoek aan Groeneweide Kwekery om meer oor skilpadbewaring en hul eetgewoontes te leer.

Tyd vir afskeid neem van Bertha Brits (middel) ná tien jaar as voorsitter, saam met Johanna Swart (links) en Maryna Rossouw.
Gansbaai_Courant_New