Dit was ‘n mooi dag vir kushengel, die Saterdag van 12 November 2016, maar die vangstes was power.
Dít, ondanks Overberg Kushengelklub se hengelaars wat baie moeite gedoen het vir hulle laaste kans om jaarwenners te kan wees - met ‘n enkele punt verskil tussen die twee voorlopers, Mynard van Niekerk en Eldo Marais.
Die swak vangstes, asook die Bokke se swak vertoning, kon egter nie die hengelaars se gees tydens die laaste kompetisie vir die jaar demp nie.
Almal het alles in die stryd gewerp, maar die twee voorlopers kon, gelukkig vir hulle, met die pryse wegstap: Mynard van Niekerk met die grootste vis vir die dag, ‘n kabeljou (1.65kg); Eldo Marais met die swaarste sak vir die dag (2.32kg).