Die vis gemis?

Die vis gemis?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is verlede week behoorlik ingeklim onder veral geelbek, maar ook heelwat kabeljou is gevang terwyl selfs makriel en snoekies ingebring is. Goeie rede waarom ‘n boot so ‘n waardevolle besitting is. Somtyds is daar probleme wat jou weerhou om see toe te gaan en ek praat nie nou van die feit dat jy net te laat besluit het om jou agterent in rat te kry nie. Dan moet jy maar die pak vat! Om mee te doen aan hierdie jaarlikse visloop moet jy in die eerste plek kennis van die see en hengeltoestande hê om gereed te wees vir die aksie.

Indien jy in elk geval nie kon meedoen nie, omdat jou boot byvoorbeeld nie op daardie tydstip seevaardig was nie (en dis een geval wanneer jou afwesigheid geregverdig is) sal jy maar jou kans moes afwag.

Ek was een van die skippers wat noodgedwonge aan my boot moes laat werk en dus droëbek aan wal moes deurbring terwyl die ander manne gespog het met hulle goeie vangste. Ongelukkig is dit ook so dat jou bemanning (behalwe indien hulle “site” op ‘n ander boot kry), ook maar net kon toekyk. Dat van hulle nie baie vriendelik was nie kon ek dus niks aan doen nie!

Maar die Saterdag was my boot weer reg en ek gereed vir my deel van die slagting. Ek moes skielik my bemanning organiseer maar kon slegs een van die “crew” kry wat wou saam gaan. Die ander ouens het almal goeie redes gehad waarom hulle nie beskikbaar was nie, maar  was seker steeds omgekrap.

Ek was vroeg op die hawe en daar het reeds heelparty bote gestaan, die weer en water was belowend en ons twee was in die halfdonker reeds op pad. Maar nêrens het ons ‘n samedromming van bote gesien nie  --  dit beteken ongelukkig die vis byt nie meer op ‘n kol nie, of selfs glad nie. Maar ons gooi en soek en dwaal rond en probeer hard. My maat vang twee kleinerige kabeljoutjies en ‘n “size” rooistompie. Ek spog met ‘n bamboeshaatjie en ‘n klein, klein klipvis.

Hier by elfuur is ons met die rowwe water reeds aan wal en op pad huis toe. Wel, ek het al ‘n haatjie gebraai, en ek weet jy kan ‘n klipvis eet. Miskien nooi my maat my vir ‘n braai.

Volgende keer is die ouens nie meer so kwaad vir my nie en dan ons is dalk meer gelukkig!

Groete,
Seemeeu

Die vis gemis?

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles