Prys die Here! Hy verhoor nog ons gebede!

Prys die Here! Hy verhoor nog ons gebede!

Gansbaai Courant

“Vertrou liewer op die HERE en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die HERE, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” (Ps. 37:3,4) (My gunsteling gedeelte) “Vra, en vir julle sal gegee word.”  (Mat 7:7)  (Altyd op my rekenaarskerm)

Ons ken almal die verse hierbo. Ons lees dit en glo dit, want baie keer wil ons só graag iets hê, dat iets wonderbaarlik moet gebeur; ons bid al hoe lank vir uitkoms of genesing, maar dit lyk asof die HERE nie ons gebede wil verhoor nie. Ja, ons glo met alles in ons, maar daar is net stilte. Lang uitgerekte tye van verwagting, ongeduld, frustrasie, en dan dikwels teleurstelling as niks gebeur nie. Ken jy dit ook? 

Vergun my hierdie één keer om jou van ons s’n te vertel - en om die HERE op hierdie manier te verheerlik en te prys: Ek en Linda is nou vyf jaar in Gansbaai en het al vier keer verhuis. Ons maak ’n huis net mooi dan moet ons trek. Op 20 September 2016, op ons huweliksherdenking het ons die wens uitgespreek om ons eie huis te mag besit waarop ons ons eie stempel kon afdruk. Ons het in die agterplaas van die gastehuis, waar Linda werk, gestaan en ons oë het op ’n huis skuins agter ons geval wat ideaal vir ons sou wees: Naby haar werk, die mooiste see-uitsig en ook geskik vir ’n moontlike gastehuis. Twee jaar tevore het ons die ou dame in Gordonsbaai besoek en gevra of ons die huis kon huur. Sy was gewillig, maar haar kinders het geweier. Sy is ’n paar maande later oorlede en die kinders het die huis in die mark gesit. Ons het ’n aanbod gemaak. Dis aanvaar en toe moes ons die nodige fondse soek. Ons het ’n gedeelte in kontant gehad, maar het een miljoen rand gekort! Ons het baie ernstig daaroor gebid - want ons het geglo dis ons huis!

Ons het gedink dit sou maklik gaan om ’n miljoen rand te leen. Hetsy by een van ons baie vriende of dan by die banke. Vir twee maande het elke plan wat ons gemaak het, misluk. Ons is nie kredietwaardig omdat ons nie salarisse met amptelike bewysstrokies het nie. Die banke is streng, hoor! Ons was naderhand moedeloos - maar het bly bid en hoop. Iemand was bereid om die huis in ’n trust te koop maar ons sou nooit die huis op ons naam kry nie. Die oggend van 14 November het ek ’n vers uit ’n boksie getrek: Die HERE sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. (Jes. 30:19) Dit was weer eens ’n bevestiging, of nie? Op 15 November het ek ’n mede-christen besoek wat vir my gevra het of ek goed voel oor die kontrak waarin ons nie die huis op ons naam sou kry nie. Ek het nie. Sy antwoord was: Dan is dit nie van die HERE nie. Vir dae lank het ek die stemmetjie in my gehoor: “Gaan stap sewe maal om die huis en roep My aan.” Net soos die Israeliete om Jerigo voordat die HERE die stad in hulle hande laat val het! Op Woensdag, 16 November 2016, het ek net voor drie, sewe maal om die huis gestap. Gebid, gepleit, die HERE geprys en na bo uitgeroep. Toe ek op my knieë sak het ek ’n SMS op my selfoon gekry: “Call me when you can, please.” Dieselfde persoon waarmee ek die vorige dag gepraat het, het my meegedeel dat sy pa uit Amerika vir ons een miljoen rand aanstuur!

Prys die HERE! Ons gaan ons eie huis betrek en GOD is só goed. Hy het ons gebede verhoor!

Toe ek later die middag weer sewe keer om die huis stap kon ek met elke tree uitroep: Prys die HERE!

Hy is getrou! Sy goedheid duur tot in ewigheid!

JA! DIE HERE VERHOOR NOG GEBEDE!

Prys die Here! Hy verhoor nog ons gebede!

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles