Prys die Here! Hy verhoor nog ons gebede!

Prys die Here! Hy verhoor nog ons gebede!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Vertrou liewer op die HERE en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die HERE, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” (Ps. 37:3,4) (My gunsteling gedeelte) “Vra, en vir julle sal gegee word.”  (Mat 7:7)  (Altyd op my rekenaarskerm)

Ons ken almal die verse hierbo. Ons lees dit en glo dit, want baie keer wil ons só graag iets hê, dat iets wonderbaarlik moet gebeur; ons bid al hoe lank vir uitkoms of genesing, maar dit lyk asof die HERE nie ons gebede wil verhoor nie. Ja, ons glo met alles in ons, maar daar is net stilte. Lang uitgerekte tye van verwagting, ongeduld, frustrasie, en dan dikwels teleurstelling as niks gebeur nie. Ken jy dit ook? 

Vergun my hierdie één keer om jou van ons s’n te vertel - en om die HERE op hierdie manier te verheerlik en te prys: Ek en Linda is nou vyf jaar in Gansbaai en het al vier keer verhuis. Ons maak ’n huis net mooi dan moet ons trek. Op 20 September 2016, op ons huweliksherdenking het ons die wens uitgespreek om ons eie huis te mag besit waarop ons ons eie stempel kon afdruk. Ons het in die agterplaas van die gastehuis, waar Linda werk, gestaan en ons oë het op ’n huis skuins agter ons geval wat ideaal vir ons sou wees: Naby haar werk, die mooiste see-uitsig en ook geskik vir ’n moontlike gastehuis. Twee jaar tevore het ons die ou dame in Gordonsbaai besoek en gevra of ons die huis kon huur. Sy was gewillig, maar haar kinders het geweier. Sy is ’n paar maande later oorlede en die kinders het die huis in die mark gesit. Ons het ’n aanbod gemaak. Dis aanvaar en toe moes ons die nodige fondse soek. Ons het ’n gedeelte in kontant gehad, maar het een miljoen rand gekort! Ons het baie ernstig daaroor gebid - want ons het geglo dis ons huis!

Ons het gedink dit sou maklik gaan om ’n miljoen rand te leen. Hetsy by een van ons baie vriende of dan by die banke. Vir twee maande het elke plan wat ons gemaak het, misluk. Ons is nie kredietwaardig omdat ons nie salarisse met amptelike bewysstrokies het nie. Die banke is streng, hoor! Ons was naderhand moedeloos - maar het bly bid en hoop. Iemand was bereid om die huis in ’n trust te koop maar ons sou nooit die huis op ons naam kry nie. Die oggend van 14 November het ek ’n vers uit ’n boksie getrek: Die HERE sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. (Jes. 30:19) Dit was weer eens ’n bevestiging, of nie? Op 15 November het ek ’n mede-christen besoek wat vir my gevra het of ek goed voel oor die kontrak waarin ons nie die huis op ons naam sou kry nie. Ek het nie. Sy antwoord was: Dan is dit nie van die HERE nie. Vir dae lank het ek die stemmetjie in my gehoor: “Gaan stap sewe maal om die huis en roep My aan.” Net soos die Israeliete om Jerigo voordat die HERE die stad in hulle hande laat val het! Op Woensdag, 16 November 2016, het ek net voor drie, sewe maal om die huis gestap. Gebid, gepleit, die HERE geprys en na bo uitgeroep. Toe ek op my knieë sak het ek ’n SMS op my selfoon gekry: “Call me when you can, please.” Dieselfde persoon waarmee ek die vorige dag gepraat het, het my meegedeel dat sy pa uit Amerika vir ons een miljoen rand aanstuur!

Prys die HERE! Ons gaan ons eie huis betrek en GOD is só goed. Hy het ons gebede verhoor!

Toe ek later die middag weer sewe keer om die huis stap kon ek met elke tree uitroep: Prys die HERE!

Hy is getrou! Sy goedheid duur tot in ewigheid!

JA! DIE HERE VERHOOR NOG GEBEDE!

Prys die Here! Hy verhoor nog ons gebede!

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles