Vrede op aarde

Vrede op aarde

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘Vrede op Aarde’ - Dit was die boodskap wat die NG-gemeente se Kategeseleerders tydens hul Jeug Kerssangdiens op Sondagaand, 13 November 2016 uitgestuur het.

Dr Lisel Joubert het die verrigtinge geopen, waarna Laerskool Okkie Smuts se Marimba Orkes ‘Stille Nag, Heilige Nag’ gespeel het.

“Met vanaand se Skriflesings fokus ons op die Lukas Evangelie - veral gesien in die lig dat hierdie evangelie op ‘randfigure’ fokus,” het sy gesê. “Met ‘randfigure’ verwys ek na onbelangrike mense met min waarde in die destydse gemeenskap, soos ‘n eenvoudige skrynwerker, skaapwagters, weduwees, kinders, vrouens en andere.”

Die res van die aand het goed georganiseerd en sonder afkondigings soos volg verloop: Skriflesings uit Lukas, toneeltjies wat opgevoer is, koorsang deur die onderskeie leerders, gemeentesang en gepaste CD’s wat gespeel is.

Alissa Coetzee, Gavin Middleton en Maya Joubert het ook om die beurt voorlesings behartig met die hoërskool kategesedogters wat die rol van engele vertolk het, hoërskoolleerders as skaapwagters en Elzanne van Lill as Moeder Maria. Die luisterryke dwarsfluitbegeleiding is deur Michaela Laubser verskaf, met Francois Groenewald as die knap klankman.

Die verrigtinge is gepas met die sing van ‘Stille Nag, Heilige Nag’ deur almal en onder begeleiding van Michaela met die dwarsfluit afgesluit.

Vrede op aarde

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles