Groot avontuur vir jongklomp

Groot avontuur vir jongklomp

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Groot voorreg van drie dae weg en twee nagte se oorslaap het leerders van Gansbaai Primêr in Blompark en Laerskool Okkie Smuts in Stanford te beurt geval.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad se projek, ‘Kids in the Park,’ het leerders van tien laerskole vir hierdie avontuur uitgenooi.

Gansbaai Primêr, hier op eie bodem, het sestig leerders gekeur, wat op 24 Oktober 2016 vir hulle driedaagse avontuuruitstappie vertrek het. Hulle is met ‘n luukse bus van SanParke, onder toesig van Allison Appel (Senior Mense- en Bewarings beampte) na Bosheuwel, naby Agulhas Nasionale Park, vervoer.

Twee van die skool se leerkragte, Harry Tobias en Anine Volkwyn, het die leerders vergesel.

Op die eerste dag, op pad na Bredasdorp, is hulle ingelig oor kulturele erfenis- en geskiedenisaspekte. Die eerste stop was by Bredasdorp se Skeepswrakmuseum en daarna die Lighuis in Agulhas, Afrika se mees suidelike punt.

By Bosheuwel, waar die groep se slaapgeriewe was, is verskeie aktiwiteite aangebied, soos: ‘n Stap na die Top van Afrika (Rasperpunt), besoeke aan Struisbaai se hawe en die getypoele by L’Agulhas en ‘n nagtelike staproete.

Dag twee is gekenmerk deur onder andere: Lesings oor voëls, plantidentifikasies en water, met ‘n besoek aan die ‘Wetlands’. Die kanoritte, ‘kayaking’ het natuurlik groot opwinding aan die leerders besorg.

Die Soutpanne is ook te voet besoek en die groep het hulle laaste aand met ‘n ‘Last Night’ konsert en musiekspeletjies hul uitstappie van drie dae afgesluit.

‘Kids in the Park’ is ‘n omgewingsopvoedkundige program deur SanParke, wat in samewerking met die Departemente Omgewingsake en Basiese Onderwys, asook Pick ‘n Pay aangebied is.

Die doelwit was om leerders binne ‘n radius van 50 kilometer vanaf Agulhas Nasionale Park die geleentheid te bied om die wonder van die natuurlewe en kulturele erfenis te ontdek en ook om bewaringsetiek by hulle te skep.

Groot avontuur vir jongklomp

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles