Wynproegilde geniet hul wyn

Wynproegilde geniet hul wyn

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Geen proewery aan wyne nie - nee, die keer is die wyn net gedrink en geniet tydens Gansbaai Wynproegilde se jaarafsluiting op Vrydag, 18 November 2016 in die Great White House, Kleinbaai.

Die wyne vir die funksie is deur Theuns Roodman en Erhard Roothman geskenk en hulle het seker gemaak daar is genoeg vir ‘n gesellige jaarafsluiting.

Die funksie het terselfdertyd as Algemene Jaarvergadering gedien. Na volledige verslagdoening is die 2016 bestuurslede, op een na, vir 2017 herkies: Theuns Roodman (voorsitter), Daan Oosthuizen (tesourier) en Anne-Marie de Witt (administrasie) in die plek van Amanda de Vries, met addisionele lede Steve Donnelly en Hardus Botha. 

“Dit was vir die afgelope agt jaar ‘n voorreg om deel te kon wees van Gansbaai Wynproegilde wat deur my eggenote, wyle Helmie de Vries begin is,” het Amanda de Vries, wat besluit het om nie meer deel van die bestuur te wees nie, gesê.

Gansbaai Wynproegilde, die mees suidelike wynproegilde in die land, is agt jaar gelede op Dinsdag, 11 November 2008 deur wyle Helmie de Vries gestig.

Helmie het as voorsitter tot en met sy afsterwe op 16 Julie 2014 gedien en sedertdien het Gansbaai Wynproegilde net van krag tot krag gegroei.

Wynproegilde geniet hul wyn

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles