‘n Boot is iets besonders

‘n Boot is iets besonders

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Namens die manne wat nog vasklou aan hulle bote (wel, die wat nog kan!) wil ek graag verduidelik waarom dit so is.

Mens kan praat van die mooi dae op see wanneer jy kans kry om alles te bewonder en ook die see kan geniet. Dis natuurlik ’n groot oorweging maar, daar is ook ‘n ander kant van die saak wat melding kort. Ons praat van dae wanneer die see nie noodwendig so ideaal is nie, en nie soseer van storm-omstandighede nie. Ideaal is alles natuurlik in ‘n pakket saamgevat. Hiermee bedoel ek dat die skipper wat sy sous werd is omtrent al hierdie omstandighede deurloop en die nodige ondervinding so opgedoen  het. Hy kan dan met ‘n mooi dag rustig sit en nog steeds met respek die see geniet en hy sal altyd onthou wat die groot water  in ander omstandighede bied.

Daar is al baie van ons wat ondervindinge ter see gehad het wat jou sekere tye laat voel het om van die water weg te bly  --  die gevoel dan is dat jy jou tyd gehad het, en daar ‘n tyd is om op te hou. Selfs dat dit seker is wat ‘n Hoërhand  waar-skynlik bedoel het. Dis egter nie so maklik of selfs so eenvoudig nie.

Vir baie is dit  dan ‘n groot oorweging om uiteindelik te besluit wat jou te doen staan en boonop die regte besluit te neem. Die kanse is baie goed dat indien die voorval so ernstig was jy nie self ligtelik ‘n rigting sal inslaan nie en ook Hom daarin sal ken. En die kanse is baie goed dat jy weer met jou boot sal see toe gaan. My voorneme was: Ek sal sorg dat ek nie onnodige kanse waag nie. Daar sal altyd die kans wees dat iets op see kan verkeerd loop, maar solank jy nie verantwoordelik is vir die krisis nie is daar geen rede waarom jy nie sal voortgaan nie --  en jy is mos nooit alleen nie!

Dis juis waarom die boot en alles wat daarmee saamgaan so besonders is. Die hengel, die mense wat saam met jou is, ou en nuwe vriende. Besonderse en interessante mense en ondervindinge wat op see gebeur. Die natuur wat wispelturig is en hoewel jy dit altyd sal waardeer jou ook skerp hou. Op see is dit nooit vervelig nie en dis waar jy rustig word. Daar is altyd iets nuuts te leer en iets interessants wat gebeur. En so kan ek aanhou, maar dis ook tyd om op te hou skryf. 

Groete, Seemeeu

‘n Boot is iets besonders

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles