Noodhulp vir troeteldiere

Noodhulp vir troeteldiere

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Noodhulpkennis is nie net van uiterste belang vir mense nie, maar ook vir toepassing op troeteldiere.

Daarvan het die lywige kursushandleiding getuig tydens die opleiding van vrywilligers van Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC). Die kursus is Maandag, 21 November 2016 in Gansbaai Toerisme se konferensiesaal aangebied.

Die entoesiastiese kursusgangers, wat elk ‘n sertifikaat ontvang het, is Sammy Thomson en Sheryll Steyn, asook Doulene Els van Gansbaai Toerisme. BARC se veldwagter, Nols Jonas het ook sy kennis verbreed en die kursus meegemaak.

Die kursus, Primary and Secondary Care for Dogs, is deur Annalie Jonker van BARC gereël en is deur Marius Coetzee, ‘n instrukteur van  MJ  First Aid Training, aangebied.

“Die kursus, The Canine First Course, is die enigste kursus wat deur die Emergency First Response (een van die grootste gesertifiseerde agentskappe in die wêreld wat opleiding in Noodhulp en CPR op diere aanbied) goedgekeur is,” het Annalie gesê. “Die twee vrywilligers wat die kursus deurloop het, is mense wat BARC se hokke gereeld besoek, help skoonmaak en met die honde gaan stap.”

In kort behels die kursus die volgende: Asemhalingspro-bleme, verstikking, ernstige bloeding, skok, gebreekte ledemate, rugbeserings en die behandeling van wonde.

Die sertifikate wat oorhandig is, is vir twee jaar geldig, waarna daar ‘n opvolgkursus aangebied sal word.

Noodhulp vir troeteldiere

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles