Die musiek deur Annelie Botha en haar span sangers, was só mooi tydens die onlangse musiekmiddag wat op 12 November 2016 in die AGS-kerkgebou aangebied is, dat toehoorders se trane gevloei het.
Die luisterryke sangmiddag is deur Gansbaai se eie en bekende sangeres, Annelie Botha aangebied om fondse vir die kerk te styf.
Met pastoor Beryll Coetzer as haar regterhand, het Annelie se knap span sangers vir die res gesorg.
Die sanggroep wat opgetree het, is Jordan Linehan (Pie Jesus en Broken vow), Daneke Nepgen (Angel - Acrobatic dance), Dané Swarts (Bird with wings en Mensekind), Lisa-Marie van Wyk (Panis Angelicus en Hart van hierdie land), Sanja Lutzeyer (In the arms of the angel en My heart will go on) en Elani Swarts (You raise me up en Op asem van engele).
Die VGK-koor, onder leiding van Annelie, het ook opgetree met die sing van God seën Afrika en Here, Heilige Here.