Jong Norman vier uitstaande eerste vliegjaar

Jong Norman vier uitstaande eerste vliegjaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Posduifklub se Norman Stevens (jnr) het behoorlik skoonskip gemaak onder deelnemers met sy totale aantal punte van 753 in sy eerste vliegjaar vir die klub.

Norman, bestuurder van Gansbaai Karavaanpark,  is as Gansbaai Posduifklub se 2016 kampioen gekroon, met Corinne Swart as die 2016 dameskampioen.

Naas die 40 uit 102 sertifikate wat Norman ingepalm het, het hy ook die volgende trofeë verower: Kortpadkampioen; Middelpadkampioen; Langpadkampioen; Jongduifkampioen; Beste henduif; Beste mannetjiesduif; Beste duif in geheel vir 2016.

Norman Stevens (snr) het die trofee vir die beste jongduif van 2016 verower.

Selfs met die Overberg Posduif Unie (OPU) het Norman (jnr) algeheel tiende geëindig, en is hy ook deur hulle bekroon vir die mannetjiesduif met die meeste punte in die unie. Hy wen ook die Britstown Unie-wedvlug.

Van die 36 wedvlugte gedurende 2016, is net twee nie gevlieg nie. Daarvoor is 102 sertifikate vir die eerste, tweede en derde plekke uitgereik, wat soos volg ingepalm is: Norman Stevens (jnr) 40, Louis-Johannes Groenewald 21, Hilton Hitge 20, Norman Stevens (snr) 11, Leonard Ashalin 8 en Corinne Swart en Hennie Botha elk een.

Norman sê hy het vir meer as 20 jaar by sy pa geleer hoe om met posduiwe te werk en te vlieg.

‘n Goeie vriend, Danie Smit het in 2015 verhuis. Nadat die jong Norman hom met sy trek gehelp het, het hy sy hok met sowat 30 duiwe aan hom geskenk, waarmee eersgenoemde verder geteel het.

Met dié duiwe het Norman (jnr) in 2016 begin vlieg en tot almal se verbasing “vere” in al die klublede se oë laat wapper.

Jong Norman vier uitstaande eerste vliegjaar

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles