Jong Norman vier uitstaande eerste vliegjaar

Jong Norman vier uitstaande eerste vliegjaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Posduifklub se Norman Stevens (jnr) het behoorlik skoonskip gemaak onder deelnemers met sy totale aantal punte van 753 in sy eerste vliegjaar vir die klub.

Norman, bestuurder van Gansbaai Karavaanpark,  is as Gansbaai Posduifklub se 2016 kampioen gekroon, met Corinne Swart as die 2016 dameskampioen.

Naas die 40 uit 102 sertifikate wat Norman ingepalm het, het hy ook die volgende trofeë verower: Kortpadkampioen; Middelpadkampioen; Langpadkampioen; Jongduifkampioen; Beste henduif; Beste mannetjiesduif; Beste duif in geheel vir 2016.

Norman Stevens (snr) het die trofee vir die beste jongduif van 2016 verower.

Selfs met die Overberg Posduif Unie (OPU) het Norman (jnr) algeheel tiende geëindig, en is hy ook deur hulle bekroon vir die mannetjiesduif met die meeste punte in die unie. Hy wen ook die Britstown Unie-wedvlug.

Van die 36 wedvlugte gedurende 2016, is net twee nie gevlieg nie. Daarvoor is 102 sertifikate vir die eerste, tweede en derde plekke uitgereik, wat soos volg ingepalm is: Norman Stevens (jnr) 40, Louis-Johannes Groenewald 21, Hilton Hitge 20, Norman Stevens (snr) 11, Leonard Ashalin 8 en Corinne Swart en Hennie Botha elk een.

Norman sê hy het vir meer as 20 jaar by sy pa geleer hoe om met posduiwe te werk en te vlieg.

‘n Goeie vriend, Danie Smit het in 2015 verhuis. Nadat die jong Norman hom met sy trek gehelp het, het hy sy hok met sowat 30 duiwe aan hom geskenk, waarmee eersgenoemde verder geteel het.

Met dié duiwe het Norman (jnr) in 2016 begin vlieg en tot almal se verbasing “vere” in al die klublede se oë laat wapper.

Jong Norman vier uitstaande eerste vliegjaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles