Die vrede wat te groot is om te verstaan!

Die vrede wat te groot is om te verstaan!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“En die vrede van GOD wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” (Fil. 4:7) 

 “Eer aan GOD in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!” (Luk. 2:14) 

Desembermaand!  ’n Maand van vakansie,  vreugde, familie - en o ja, ons het verlede week gesê: ’n Maand waarin ons gaan bid vir vrede!

Elke keer wanneer jy tyd het, of onthou dit is Kersfees, moet jy saam met ander Christene bid vir GOD se vrede in ons land, in die wêreld, in ons huise en in ons harte.

Dink net hoe kragtige werking kan ons as gelowiges bewerkstellig as ons almal bid vir ’n ware gees van vrede en liefde in ons land. “Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.”  (Jak. 5:16)

Tog is dit nodig om weer eens te beklemtoon dat ware vrede net moontlik is wanneer ons in ’n verhouding met Jesus leef. Jy kan probeer om vrede te kry in dinge soos geld, besittings, selfs in vriende of familie,  maar telkens gaan jy jou vasloop teen ’n ongelukkigheid of ontevredenheid in jou binneste wat jy nie kan verstaan nie. Jy het dan so hard probeer om in vrede te leef!

Die rede is dat jy nie verstaan dat ware vrede net moontlik is as Jesus die beginpunt van jou vrede is. Jy moet GOD liefhê met jou hart, jou siel en jou verstand – of anders gestel: Jy moet alles in jou lewe oorgee aan Jesus sodat Hy beheer kan neem van jou besluite, jou gedagtes en jou verhoudings.

Dink gou saam met my. Dink aan die verhoudings wat jy het met jou man, vrou, jou ouers of jou kinders. Daar is net vrede in daardie  verhoudings as jy die ander persone lief het, respekteer en hulle aanvaar net soos hulle is. As jy soms agterkom jy is ontevrede of geïrriteerd met hulle  - dan kan jy maar gerus vir jouself afvra: Het ek hulle lief soos Jesus my lief het? 

Soek eers jou vrede in Jesus – herstel jou verhouding met Hom en vrede sal weer in jou lewe invloei.

GOD gee vrede wat alle verstand te bowe gaan, sê Filippense 4:7. Sy vrede bewaar jou gedagtes en verstand teen al die verleidings en versoekings wat jou van Hom laat wegdwaal. Daarom sê Filippense 4:4:  “Wees altyd bly in die HERE!” Kry jou vrede by die HERE Jesus. Praat gedurig met Hom, vra Sy leiding en gee jou bekommernisse oor aan Hom – Hy het nie verniet na hierdie wêreld gekom nie! Hy het ons verhouding met ons Vader in die hemel kom herstel. Hy het regtig vrede gebring vir elkeen wat besef GOD het hom of haar lief. Ja, GOD het jou só lief.....!

Begin vandag saam met ons almal bid dat jou verhouding met Jesus die belangrikste doel van jou lewe sal word. Vrede begin in jou hart, waar jy oorgee aan Jesus en begin leef volgens Sy Wil.

Vrede vir jou!

Die vrede wat te groot is om te verstaan!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles