Halfeeu vir Tarzan en sy Jane

Halfeeu vir Tarzan en sy Jane

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Neville de Bruyn (78), alias ‘Tarzan’ en sy eggenote Helena, alias ‘Tannie Jane’, sal op 17 Desember 2016 ‘n volle halfeeu in die eg verbind wees. 

As jongman het Neville in Goodwood rugby gespeel, maar het later op amateurstoei gefokus. Hy het die Westelike Povinsie verskeie kere verteenwoordig.

Sy afrigter was wyle Abraham Geldenhuys wat Suid-Afrika tydens die Statebond Spele in die laat 1950’s verteenwoordig het.

Neville het later self ook stoei afgerig.

Neville se stoeitalent, asook sy gewildheid onder sy vriende, het hom jare gelede die bynaam van “Tarzan” op die hals gehaal. Sy seun, Jaco, het in sy pa se stoeispore gevolg en het vanselfsprekend die bynaam van “Klein Tarzan” gekry. Met Helena as “haar” stoeiers se spanbestuurder, het sy spontaan as “Tannie Jane” bekend gestaan.

Neville is in Parow op 23  Oktober 1938 as die enigste kind van die gesin gebore en het in Kaapstad skoolgegaan. Op 17 Desember 1966 lui die huweliksklokkies vir hom en Helena.

Neville het homself as ‘n metaalwerker (shopfitter) bekwaam. Onder andere was veral vlekvrye staal en brons destyds baie in gebruik. Daar pryk vandag nog van sy handewerk in die parlementsgebou in Kaapstad, asook in ander stede in Suid-Afrika.

Ná sowat sestig jaar as ambagsman, ken hy die fynere kuns van sy beroep op die punte van sy vingers.

Sowat dertien jaar gelede het hy by die voormalige eienaars van R & R Aluminium, Raymond en Rosa Rabe begin werk. Op 78-jarige ouderdom werk hy steeds by die firma, saam met die nuwe eienaars, Heinrich en Maryke van Rensburg.

Neville het besluit om Desember vanjaar, wanneer die bouers sluit, finaal die tuig neer te lê, of is dit nou die “tools” neer te lê?

“Ek gaan myself besig hou as ‘nutsman’ by ons huis en verder net ‘n lang en welverdiende vakansie tuis geniet,” het hy gesê.

Saterdag, 17 Desember 2016, op hul huweliksherdenkingsdag, is hulle gelukkig genoeg om die spesiale dag saam met al vier hulle kinders en sewe kleinkinders deur te bring. Die oudste kleinkind het vanjaar matriek geskryf en die jongste is ‘n skamele twee maande oud.

Oupa Neville sê hy swem graag saam met die kleinkinders en hou homself fiks met fietstrap en deur met gewigte te oefen.

Halfeeu vir Tarzan en sy Jane

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles