Gansies hou karnaval

Gansies hou karnaval

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Regte egte sirkustent – dít is waaruit die kleuters verbonde aan De Kleine Gansies Kleuterskool hul verversings vanjaar verkoop het. Die vrolike gedoente was deel van hul jaarlikse konsert met ‘n karnavaltema.

Hierdie jaarlikse hoogtepunt sorg ook vir baie vermaak wanneer die kleingoed goedsmoeds vir  hul ouers en oupas en oumas van die verhoog af waai.

Die ander  groot gebeurtenis was die Gr RR’e wat hulle diplomas ontvang het om volgende jaar as Gr R’e na die “groot” skool oor te skakel.

Al dié opwinding het Dinsdag, 22 November 2016 in die Pretoriussaal plaasgevind.

Die 2016 beheerliggaam in samewerking met Lee-Anne Potgieter het besluit dat ‘n karnavaltema perfek sal wees om die skool se dertigste bestaansjaar te vier.

Tipiese karnaval lekkernye, soos springmielies, spookasem, draairoomys en worsbroodjies is vanuit die Gansies se “sirkustent” verkoop.

Altesaam nege skreeusnaakse konsertitems is op skatlike kleuterwyse opgevoer: Paddas kwaak en I'd like to move it move it (2-3 jariges); Ek ry met die trein en Nommers (3-4 jariges); Popcorn en Briljantjies ala DJ  Ossewa styl (4-5 jariges); Gangnam style (al die seuns); My boy lollipop (al die meisies); Die sirkus (al die kleuters).

Die aand is vrolik afgesluit met voorlesings van pittige sêgoed wat dwarsdeur die jaar versamel is vanuit die “finale jaars”-geledere .

Die interim beheerliggaam vir 2016 is onlangs verkies: Johan Gericke (voorsitter), Jolandi Oosthuizen (vise-voorsitster), Annetjie Bauermeister (sekretaresse) en Elzanne Bosch (tesourier). Addisionele bestuurslede is: Juanita Hage, Madelein Swart, Moricco Rudman, Norman Stevens, Sarel Fourie en Theuns Otto.

‘n Nuwe 2017 beheerliggaam sal vroeg in Januarie  gekies word.

De Kleine Gansies se staatmaker skoolhoof, Lanita Marais, behartig steeds die daaglikse bedrywighede van die kleuterskool.

(Foto’s: Tracy van der Linde)

Gansies hou karnaval

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles