Goue Hande reik uit met hul goue harte

Goue Hande reik uit met hul goue harte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai se Goue Hande kan met reg as Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes (HaS) se ‘fondament’ beskou word.

Hulle het HaS se inwoners  weer vanjaar bederf met ‘n Kersfunksie op Woensdag, 30 November.

HaS se inwoners  het hartlik saam Kersliedere gesing. Lede van Goue Hande het tussen die bejaardes stelling ingeneem om te help noot hou. Aletta Lochner het die groep op die klavier begelei.

Goue Hande het spesiaal Hoor die Blye Engele Lied vir hulle gesing voordat daar gesellig saamgekuier en geëet is .

In 2014 is  Goue Hande deur Badisa as die “Vrywilligersgroep van die Jaar” aangewys - voorwaar ‘n welverdiende prestasie.

Die sameroeper, Francia van Dyk, vertel dat ‘n groep dames sowat een en twintig jaar gelede die gedagte van groter diensbaarheid teenoor HaS bespreek het. 

Die woord is by die daad gevoeg en op 18 Mei 1995 het vier en veertig belangstellendes vir die eerste amptelike vergadering by HaS bymekaargekom. 

‘n Kompetisie vir ‘n geskikte naam is uitgeskryf en Doreen Schwartz, HaS se voor-malige kok, het die naam “Goue Hande” voorgestel, wat aanvaar is. 

Doreen het op 28 Februarie 2015, ná 40 jaar diens, by HaS afgetree.

Goue Hande se dienste en ondersteuning aan HaS het al wyer en wyer begin strek en tans word ‘n groot hoeveelheid projekte en dienste ten bate van HaS se inwoners aangebied.  

Enkele voorbeelde hiervan is die jaarlikse HaS Basaar, fondsinsamelingsprojekte, ‘n haarsalon, voet- en naelversorging, speletjiesdae, oefeninge, binnenshuise wintersportdae, spesiale funksies en vele meer liefdesdade.

Goue Hande reik uit met hul goue harte

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles