Kampioene stap glorieryk oor na 2017

Kampioene stap glorieryk oor na 2017

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bootkampioen en kampioen-bemanning (2016) van die Birkenhead Boothengelklub, het  Saterdag, 3 Desember 2016, die eerste kompetisie vir 2017 se boothengelstryd, weer as “kampioene” begin.

Ben Uys, skipper van Oupa, en sy bemanning, Danie Fourie en die klub se twee juniors, Hennie Groenewald en JP Uys, het weer as wenners uit die stryd getree. 

Hierdie boothengelspan was  gedurende die jaar agter in die ry, maar het met 2016 se laaste boothengelkompetisie se geelbekvangstes stof in almal se oë geskop.

Vier bote het ingeskryf en al vier het ingeweeg. Die aantal bemanning was veertien, waarby die twee juniors ingesluit was. Ses verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was nege en tagtig.

Die totale vismassa was 63.3 kg, wat ‘n gemiddeld van 10.13 kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Ben Uys (rooi roman - 2.15kg); tweede swaarste vis, JP Uys (silvervis - 1.55kg); swaarste sak (9.85kg), Ben Uys; tweede swaarste sak (9.9kg), Danie Fourie; swaarste bootgemiddeld (8.34kg), Oupa van Ben Uys; tweede swaarste bootgemiddeld (4.48kg), Bella Me van Bev Swart; Junior swaarste sak (7.5kg), JP Uys.

Die eerste drie voorlopers vir 2017 is:

Bootkampioene - Oupa (8.34kg) van Ben Uys, Bella Me (4.78kg) van Bev Swart en Nkwasi (4.05kg) van Walter Mapham; Mans Visvangkampioene - Ben Uys (9.85kg), Danie Fourie (9.0kg) en Piet le Roux (5.60kg); Junior Visvangkampioene - JP Uys (7.5kg) en Hennie Groenewald (7.0kg).

Kampioene stap glorieryk oor na 2017

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles