Volkstoekenning vir suiwer diens

Volkstoekenning vir suiwer diens

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die hoogste Suid-Afrikaanse Liontoekenning, die Louis Volks-toekenning, is Saterdag, 3  Desember 2016 aan Lion Gert Louw van Gansbaai Lionsklub oorhandig.

Met hierdie prestige toekenning is Gert vereer vir sy jarelange harde werk en onbaatsugtige bydrae in die gemeenskap wat hy as lid van Gansbaai Lionsklub gelewer het. Gedurende dié tyd het hy oor drie termyne as Lion president gedien.

“Ons het eenparig besluit op dié toekenning om erkenning aan Gert te gee,” sê Boats van Staden, voormalige Lions president.  Hy het onder andere ‘n enorme bydrae oor die afgelope 14 jaar gemaak met die Lions se jaarlikse Lighuis tot Lighuis Bergfietswedrenne, waar  hy volle verantwoordelikheid geneem het.

Marietta Hattingh het die sertifikaat en medalje tydens Gansbaai Lionsklub se Kersfunksie aan hom oorhandig.

Die bewoording op die sertifikaat lui soos volg: “In recognition of Dedicated and Distinguished Service to the benefit of the community that exemplifies the ideals of the International Association of Lions Clubs.”

Profiel

Abraham Gerhardus Louw is op 22 Augustus 1947 in Springbok, Namakwaland, gebore.

In 1964 matrikuleer hy aan die Hoërskool Nabadeeb, waar sy pa by die kopermyne werksaam was.

Gedurende Januarie 1965 sluit Gert by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan, waar hy vir 34 jaar werksaam was.

In 1998 tree hy in die rang van Kolonel af en vestig hom in De Kelders.

Gert  het  in  1974,  sowat 42 jaar gelede, by die Wellington Lionsklub aangesluit, maar as gevolg van werksomstandighede was hy nie voltyds aktief nie.

“As polisieman was diens aan die gemeenskap vir my van uiterste belang en die Lions was vir my ‘n voortsetting hiervan,” het hy gesê.

In Gansbaai het Gert sy volle gewig by die Lionsklub ingegooi. In 2001 loods hy die eerste Lighuis tot Lighuis Bergfietswedren oor twee dae tussen Danger Point en Agulhas. Dit word steeds jaarliks deur hom gereël.

Boats  vertel  dat  Gansbaai Lionsklub gedurende hierdie tydperk bykans R1m ingesamel het wat in die gemeenskap teruggeploeg is in die vorm van kospakkies, klere, brille, gehoorstukke en veel meer. Aanbouings by Herberg-aan-See se Nasorgsentrum was ook een van die projekte.

Volkstoekenning vir suiwer diens

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles