“Net ‘n oomblik” Dis al wat GOD nodig het!

“Net ‘n oomblik” Dis al wat GOD nodig het!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Juis op daardie oomblik het sy nader gekom en GOD gedank en oor die Kindjie gepraat met almal wat na die verlossing van Jerusalem uitgesien het.” (Luk 2:38) 

“Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.”

Van daardie oomblik af was die vrou gesond.” (Mat 9:22)

“in een enkele oomblik....” kan iets gebeur wat jou lewe radikaal verander. Siekte, ’n ongeluk, iemand wat jou pad kruis, of ’n oomblik wat jy jou humeur verloor en ’n verhouding van jare vernietig. Hierdie oomblik, terwyl jy nou hierdie gedeelte lees, kan jou lewe verander as jy net wil besef dat GOD besig is om te werk. GOD het net een oomblik nodig om te laat gebeur wat Hy wil.

Dit was dieselfde met Jesus se geboorte –  dit was:  “net ‘n oomblik!”

In ‘n oomblik het GOD mens geword en onder ons kom woon!

In ‘n oomblik het Maria besef sy is swanger – van die Gees!

In ‘n oomblik het die Almagtige, wat onaantasbaar is, Homself as ‘n brose baba, in ‘n krip neergelê – vir ‘n oomblik mens geword!

In ‘n oomblik het Hy wat groter as die heelal was – ‘n embrio geword!

Netso kan GOD in een oomblik jou hele lewe verander!

Besef ons regtig wat gebeur het in Betlehem? GOD kon nie langer toesien dat die wêreld en Sy kinders ‘n oomblik langer in die modderpoel van sonde bly spartel nie. Hy kon nie ’n oomblik langer wegbly van die aarde en al sy seer en nood nie! GOD het in ‘n oomblik Immanuel  geword – GOD met ons! Net vir ‘n oomblik wou GOD ons laat weet dat Hy verstaan waardeur ons moet gaan – Hy het elke oomblik van ons pyn, hartseer, ongeluk, ons frustrasies, ons verkoue, ons gevoelens verstaan – elke oomblik!

En weet jy wat, my vriend, vriendin? GOD het  “net ‘n oomblik” nodig in jou lewe! Een enkele oomblik wat jy na Hom toe moet draai en Hy sal die verskil maak in jou toekoms – jou vir ewig red en laat leef! GOD wil in een oomblik jou wegruk uit jou sondige bestaan en jou ‘n nuwe lewe van bevryding en hoop gee – as jy net wil raaksien dat die geboorte van Jesus ook spesiaal vir jou gebeur het.  GOD het net ‘n oomblik nodig om jou vir altyd  te verander!

Draai NOU met al jou probleme en vrae na Hom – Hy is daar! Gee NOU, in hierdie oomblik, jou lewe heeltemal terug aan Hom en sien hoe Hy jou lewe verander - na vrede, geluk en voorspoed!

Gee vir ‘n oomblik net oor!

Daar sal nog só ‘n oomblik kom – wanneer die hemel vir jou en my oopgaan – en ons Jesus voor ons sien staan!

 Daardie oomblik sal ons weet: GOD wil alles aan ons in oorvloed gee!

Moenie hierdie oomblik laat verbygaan nie!

“Net ‘n oomblik” Dis al wat GOD nodig het!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles