Groen Vingers is vol avontuur

Groen Vingers is vol avontuur

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Kinderboek: Groen Vingers

Met topverkopertitels soos My ouma is ‘n rockster, Superheroes vlieg net saans en Wiskunde gee my maagpyn, agter sy naam, is dit g’n wonder nie dat Jaco Jacobs een van die gewildste, veelsydigste en mees bekroonde kinderboekskrywers in Afrikaans is.

Sy boeke vir jong lesers is propvol aweregse humor, gruwelike grilgoed en wilde avonture.  Jaco het reeds meer as 199 boeke die lig laat sien en bykans ‘n miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop.  Afgesien van kinderboeke, skryf hy ook rubrieke, tydskrif-artikels, ‘n kinderboekblog en hy het reeds meer as 200 boeke in Afrikaans vertaal.  Jaco het in die Karoo grootgeword, maar woon deesdae in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, hul dogtertjies, Mia en Emma en drie honde.

Groen Vingers is ‘n avontuurbelaaide storie vir beginnerlesers, propvol van Jaco Jacobs se kenmerkende skaterlag humor waarop kinders versot is.

Dit handel oor die avontuurlustige Sasha wat alte graag eksperimenteer. Haar oupa was immers ‘n wêreld-bekende wetenskaplike!

Toe sy op ‘n dag vreemde pitte ontdek, besluit sy om dit te plant.  Eers lyk dit of niks gaan gebeur nie… maar dan maak ‘n monsterplant sy verskyning in die Natuur-wetenskapklas!

Die talentvolle illustreerder, Odine Barendse het in 2013 ‘n graad in Inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria behaal.  Sy werk tans as grafiese ontwerper by ‘n Australiese media-produksiemaatskappy.

Groen Vingers is beskikbaar by toonaangewende boek-handelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers.  Kontak LAPA by 012 401 0700.

Groen Vingers is vol avontuur

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles