Sentimentele huweliksfoto’s vanuit toeka se dae was die fokuspunt van die tema, Memory Lane, tydens ‘n Kersfunksie deur Gansbaai AGS-gemeente vir senior burgers.
Interessante foto’s is vir die ‘kompetisie’ ingeskryf en die hoofpryse is toegeken aan die Mees eksentrieke bruidsfoto, die Mees Sprankelende bruidspaar en die Mees statige bruidspaar.
Individuele pryse is ook oorhandig aan die mooiste trourok, die aantreklikste man en die mooiste trouruiker.
Die funksie is deur past Beryll Coetzer gereël en het gepaard gegaan met lofsang, komiese vertellings oor die huwelik en sang deur Annelie Botha.
Die wenners in die onderskeie kategorieë was Connie du Preez, Mike en Elize Schröder, Pieter en Petro Marais, Victor en Marlene van der Westhuizen, Louw en Annelie Botha en Arnold en Mimi Farrell.
(Foto’s: Sonja Walker: Captured Photography)