Gansbaai - die plek waar jy wíl wees

Gansbaai - die plek waar jy wíl wees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai is sonder twyfel die regte plek om jou Desember-vakansie deur te bring.

Hier is tientalle besienswaardighede en bedrywighede in die omgewing en Gansbaai Courant moedig lesers aan om  die dorp se toeriste-inligtingskantoor hul eerste stilhouplek te maak.

Die goed ingeligte en vriendelike span onder leiding van Glenda Kitley, beskik oor ‘n volledige aktiwiteitskalender.

Haaibesigtigingstoere wat van Kleinbaai af bedryf word, het die dorp se grootste toeriste aantrek-likheid geword en lok avon-tuurlustiges van dwarsoor die wêreld.

Die eko-bootritte na Dyer-eiland staan bo-aan die lys vir diesulkes wat minder avontuurlustig is, maar tog ‘n see-uitstappie op hul “moetdoen-lysie” wil aftik.  Dit is ‘n uitstekende uitstappie vir die hele gesin en word tans tot einde Desember teen ‘n spesiale prys aangebied.

Vra gerus uit na die Platbos-staproete deur die mees suidelike woud van Afrika.

Stappers en veral fotograwe geniet ook die groot verskeidenheid fynbos by Flower Valley, net buite die dorp op die Grootbospad. 

Bespreek ‘n toergids na  Duiwelsgat by De Kelders en vra uit na die Melkhoutwoud-staproete by Franskraal.

Die varswater drupgrotte by De Kelders is in privaat besit, maar kan per afspraak besoek word.

Gansbaai se besonderse hawe hou heelwat verrassings en fotogeleenthede in.  Jy kan meer te wete kom oor die oorsprong van die dorp se naam, deur die monumentjie by die varswaterfontein te besoek. Die kleurvolle vistreilers is eie aan die dorp en vars vis kan in die hawegebied gekoop word.  Niks lekkerder as ‘n blinklyf oor die kole nie!

Die  toeristekantoor bly spesiaal langer oop tydens die vakansieseisoen.  Die tye verskyn links bo aan dié blad. 

Die span staan slaggereed om Gansbaai in die hart van die Overstrand aan besoekers bekend te stel.

Skakel hulle by tel 028 384 1439 tydens kantoor-ure of stuur ‘n e-pos aan

Glenda@gansbaaitourism.co.za of besoek die webtuiste by www.gansbaaiinfo.com. 

Die nommer na-ure is 072291 5564.

Gansbaai - die plek waar jy wíl wees

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles