Heimweë

Heimweë

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wanneer ou(er) mense bymekaarkom word daar dikwels onder hulle verwys na die ou dae, oftewel die dae toe dinge nog anders gewerk het. Ek dink dat daar deesdae minder kans vir kinders is om hulle werklik uit te leef en nog minder kans om so baie te leer by die ouers as wat destyds die geval was. Ek het nou die dag in gesprek getree met iemand so rofweg in my ouderdomsgroep en ons het gepraat van kano-maak wat meestal in riviere en vleie gebruik is. Dit was nog voordat glasvesel hier by ons op die mark verskyn het en daar moes van teer gebruik gemaak word om die spykergate te verseël.

Dit is van sinkplate gemaak waarvan die riffels platgekap was. Toe was daar nog bloedlyn en 10vt.-visstokke en  was “fancy“ gomme onbekend!

Wie vandag maak nog vure op die strand en braai sommer die vis wat daar uitgetrek is? Wat was lekkerder as die praatjies om die bamboesvuur wat elke nou en dan ontplof en stukke daarvan die lug inskiet. Dis ook waar al die waarhede gespreek is en dis hier waar jou pa sy kans gevat het om jou goed te vertel wat jy in elk geval móés glo. Alles was egter nie net maanskyn en rose nie, want jy moes trek dat dit klap aan die visnet wat meestal tot oorlopens toe vol was.

Soos die tyd aangestap het, het daar maaksels soos rekenaars en televisie verskyn – alles natuurlik wat veral die jeug ten volle van gebruik gemaak het. Deesdae is die goed so verfyn en ingewikkeld (vir ons, in elk geval) dat ons net so vat-vat daaraan en maar redelik normaal aangaan met ons lewe. Kyk, die goed is baie waardevol en dis ongelooflik wat alles daarmee vermag word, maar ek is dankbaar dat ons as kinders dit gespaar was. Die meer tyd tot ons beskikking, het ons in staat gestel om ook meer met ander mense en veral jou ouers, te kommunikeer. Sekere van hierdie ou goed is sekerlik ook nie so waardevol of van toepassing nie. Byvoorbeeld dat jy water in ‘n kadoessak op ‘n elektriese plaat kan kook  en die papier kom niks oor nie. Of dat jy vis kan gaarmaak in bamboes of toegedraai in papier en in die kole begrawe.

Maar die see is waar ek my meeste tyd deurgebring en waar ek my waardevolste lesse geleer het. Nie net oor hengel nie, maar ook wat die see in al sy fasette beteken en hoe jy ander mense moet behandel. En hieroor leer ek sonder ophou. Ek sou my ouers nou eers behoorlik kon bedank vir daardie tye.  Maar dis te laat. Geniet die see.
Groete,
Seemeeu

Heimweë

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles