Gansbaai se Karate-Ka studente het vanjaar besonder goed gevaar tydens hulle gordel-gradering.
Die klub se afrigter, Sensei Ronnie Knott het gesê hy is baie tevrede met hulle vordering en prestasies.
Die elfde spankompetisie en gordelgradering van die Suid-Afrikaanse Japanse Karate Assosiasie (SA JKA Karate) is vanjaar aangebied.
Ronnie, wat oor die Graad Swartgordel vyfde Dan beskik, het reeds in 1973 met karate begin. Die SA JKA Karate is direk met die Japanese Karate Assosiasie (JKA) geaffilieer, wat as die grootste karate organisasie ter wêreld beskou word.
In Gansbaai is kinders vanaf die ouderdom ses jaar welkom om aan te sluit en hulle oefen elke Dinsdag in Gansbaai Toerisme se konferensiesaal van 14:30 tot 15:30.