Gansbaai-berg verwelkom ons gaste

Gansbaai-berg verwelkom ons gaste

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Met die inry na Gansbaai dorp vanaf Stanford, kan die netjiese, nuutgeverfde naam van die dorp, met die reuse anker teen die hange van Gansbaai-berg, nie misgekyk word nie.

Die opknapping van die naam, wat met klippe uitgepak is, is deur Gansbaai Toerisme van stapel gestuur. Strandveld Voetslaanklub is genader en hulle het entoesiasties ingestem om die taak saam met toerismelede aan te pak.

Salmon en Melanie Herselman van The Colour Box het goedgunstiglik R2000 se verf geskenk en die tog berg-op is Woensdag, 7 Desember 2016 aangepak  - met verf, kwaste, snoeiskêre, handskoene en eet- en drinkgoed in die rugsakke. Dit het bloedsweet gekos in die warm son vir die ywerige weldoeners.

Vorige jare het Gansbaai munisipaliteit, Dyer Island Conservation Trust, Gansbaai Pistoolklub en ander helpers ook hierdie groot opknappingstaak aangepak.

Gansbaai Courant het by Flip Fourie, voorheen ‘n bekende senior personeellid van Gansbaai Marine en ook ‘n deeglike kenner van Gansbaai se geskiedenis, gaan aanklop vir meer inligting.

Flip vertel dat Hendrik Groenewald (77), ook bekend as “Pyts”, in 1957, die jaar waarin die Britse Leeus in Suid-Afrika getoer het, saam met Aalwyn Otto die idee gekry het om dieselfde as wat Gordonsbaai teen hulle berghang gedoen het, vir Gansbaai te doen.

‘n Kerngroepie is daarna op die been gebring naamlik Philip Thorpe en sy seuns, Willie en Johnie (Stanley was nog baie klein), Jan Vermeulen en Joey Groenewald. Later het die twee Otto broers, Thys en Jan (Perdebos) en ook Karel Groenewald (Snoekies) en Jan Groenewald (Honnibal) bygekom, met kinders wat hulle ook gehelp het.

Die groep is elke Sondagmiddag berg-op om aan die naam te werk.

Hendrik Groenewald het die “N” gedeelte op sy eie uitgepak.

Phillip Thorpe, wat oor goeie boukennis beskik het, het die randlyne van die naam en anker uitgelê.

Flip sê dat dit in ‘n notule van die destydse Dorpsraad in 1961 goedgekeur is dat twee pond (£2) aan Phillip Thorpe uitbetaal moet word vir die opknapping en verf van die naam teen die berghang.

Moontlik is daar bykomende inligting en/of name van inwoners wat destyds betrokke was, maar met Flip Fourie se inligting is dit duidelik dat die Gansbaai-naam en anker teen die berghang vanjaar bykans sestig jaar oud is.

Dit is steeds ‘n plesier om daarna te kyk en steeds ‘n mooi verwelkoming aan besoekers.   

Vir Gansbaaiers is dit ‘n “welkom tuis”-teken en die moeite en onkoste wat daarmee gepaard gaan om dit te onderhou, word hoog op prys gestel deur die dorp se inwoners.

Gansbaai-berg verwelkom ons gaste

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles