Veiligheidswenke

Veiligheidswenke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Al is u met vakansie - misdaad is oral - wees ALTYD paraat en veiligheidsbewus.

Indien u enige verdagte insidente gewaar,  skakel:

SAPD 10111 of 028 384 0201;
Secma  028 384 2911;
Safe 028 384 1900.

Waardevolle items soos kameras, skootrekenaars, selfone, juweliersware, beursies en handsakke moet op veilige plekke gehou word - nie naby oop vensters of deure nie.

Alarms moet aktiveer word as u nie tuis is nie en snags “bypass” vertrekke waar u moontlik gaan beweeg.

Onder geen omstandighede moet sleutels in deure gelaat word wat oopstaan nie, dit geld vir voertuie ook.

Maak seker u druk die regte knoppie op u alarm- of motorhuis “remote” om te verhoed dat u motorhuisdeur oopgaan wanneer u dink u aktiveer u alarm.

Indien u gesellig verkeer soos om die braaivleisvuur voor of agter u woning, sluit die veiligheidshekke en -deure aan die voorkant of agterkant en maak vensters sonder diefwering toe.

Dubbelverdiepings - onthou dit verhoed nie dat misdaad gepleeg word nie - maak skuifdeure en vensters sonder diefwering steeds toe.

Voertuie wat buite parkeer word moet geen items soos visstokke, gereedskap, fietse en dies meer daarin gelaat word nie. Dit lok misdadigers. Sluit altyd u motor.

Hou deurgaans by Munisipale reëlings dat vullissakke eers op die spesifieke dag van verwydering uitgesit word. Indien moontlik, neem dit saam wanneer u vertrek, aangesien daar mense is wat rondloop en in sakke krap. Dit bring mense onnodig na ons woonbuurte.

Sorg dat u huis duidelik sigbaar is. Dit maak dit makliker vir patrollielede van die onderskeie Buurtwagte om verdagtes raak te sien.

Probeer om buiteligte saans by u huis aan te skakel vir makliker identifisering van verdagte bewegings.

Veiligheidswenke

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles