Manuel en Belia lei Kerssangdiens

Manuel en Belia lei Kerssangdiens

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Bekende Suid-Afrikaanse sanger, Manuel Escorcio en sy sangmaat Belia Lourens, het Sondagaand, 18 Desember Pearly Beach NG-gemeente se Kerssangdiens op ‘n ietwat ongewone wyse gelei.

Heelwat vertellinge en ook humor het gemaak dat dit ‘n anderse, maar interessante Kerssangdiens was.

Manuel en Belia het die verrigtinge met die sing van die Onse Vader geopen, soos net hulle dit kan sing. Daarna is hulle sang, gesamentlik en afsonderlik, met gemeentesang afgewissel.

Franskraal se bekende skrywer, SD Fourie, het die voorlesings hanteer, soos  Dis Kersfees, Die Kerstyding en Kersliedjie van DJ Opperman.

Die kerkverrigtinge is afgesluit deur al die ligte af te skakel, waarna ‘n groep kinders die kerk met brandende liggies binne gestap het.

Na afloop van die verrigtinge het SD ‘n eksemplaar van die Gansbaai Gedenkboek, waarvan sy een van die skrywers was, aan Manuel en Belia as ‘n blyk van waardering oorhandig.

Belia  het vertel dat sy ‘n oud-Gansbaaier is en dat Manuel se oupa op sy beurt ‘n visserman was, wat die Gansbaai Gedenkboek des te meer kosbaar vir hulle maak. “Dieselfde geld vir die pragversierde kerkgebou met die seetonele en tema as Hawe van God se Genade,” het sy gesê. “Vele gebeurtenisse en gedagtes is by ons in herinnering geroep.”

Daarna is daar gesellig saamgekuier en geëet.

‘n Hoogtepunt vir die jongklomp wat aan die verrigtinge deelgeneem het,  was die spesiale kindertafel wat gekreun het onder die lekkernye.

Manuel en Belia lei Kerssangdiens

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles