Lede van Overberg Houtwerkers Assosiasie het onlangs hul beitels en gereedskap vir 2016 neergesit – en in “boemelaar-styl” hul jaar afgesluit.
Die “boemelaars” moes behoorlik twee keer kyk om mekaar te herken.
Om dit nog meer interessant te maak, moes almal met hul aankoms nommers trek om te bepaal watter boemelaar sit langs watter boemelaar. ‘n Ware boemelaarsete van vis en skyfies met koerantpapierplekmatjies is voorgesit.
Na vele pret, musiek en die uitdeel van Kersgeskenke, het ‘n roomyskarretjie opgedaag en is die boemelaars verras met ‘n “luukse” nagereg.
Andre en Rita Groenewald was verantwoordelik vir die boemelaarsfees.
Die volgende byeenkoms is by Progress Design in die Industriële gebied en vind Donderdag, 2 Februarie 2017 om 18:00 plaas.
Alle belangstellendes - mans en vrouens, is welkom om dit by te woon.