Masakhane Primary spog met nuwe kopieermasjien

Masakhane Primary spog met nuwe kopieermasjien

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Nuwe en groot  kopieermasjien wat onlangs aan Masakhane Primary School se hoof, Maxwell Mdini oorhandig is, het selfs die leerders wat kom inloer het, sprakeloos gehad.

Die kopieermasjien is deur Malcolm Bury van Stanford Rotariërsklub namens Jack Doyle van Engeland by die skool afgelewer.

“Hierdie kopieermasjien is ‘n verligting van ‘n groot nood by ons, veral met die oog op ons nuwe skool wat vroeg volgende jaar amptelik geopen sal word,” het Maxwell gesê.

Hierdie was maar een van vele groot projekte wat al deur Jack Doyle van Chester Le Street, Engeland van stapel gestuur is.

Steve en Margi Muller van Franskraal is jarelange vriende van die Doyle-egpaar, Jack en Anita, en Margi tree as Jack se “verteenwoordiger” in Gansbaai op.

Die Doyle-egpaar kom reeds oor ‘n baie lang tydperk jaarliks na Gansbaai.

Van dag een af was Jack intens vasgevang deur die nood wat in die dorp en omgewing heers en  dit is veral Gansbaai Primêr, Silwerjare Dienssentrum, Oak Grove Nasorgsentrum en Masakhane Primary School wat hom na aan die hart lê.

Jack het begin deur gereeld in Engeland fondsinsamelingsprojekte te reël onder individue en organisasies. Op hierdie wyse is talle groot projekte al aangepak en afgehandel.

Vir kontrole doeleindes word finansiële oorbetalings en die beheer daarvan met Margi se hulp deur die Standford Rotariërsklub hanteer.

As gevolg van Anita se gesondheid was die Doyle-egpaar sowat twee jaar laas in Gansbaai, alhoewel hy steeds voortgegaan het met sy beplande projekte.

Anita se gesondheid het egter sodanig verbeter dat die egpaar in die nuwe jaar vir drie maande in Gansbaai kom kuier  vanaf 6 Januarie.

Masakhane Primary spog met nuwe kopieermasjien

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles