Kabeljoutyd!

Kabeljoutyd!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vir die wat wil weet  --  die vis om voor te gaan is kabeljou, en die amperbootjies swaai die septer.

Nou nie dat die vis op die wal uitspoel nie, maar as jy weet wat jy doen gaan jy darem nie sleg vaar nie. Heelwat mooi kabeljou is al gevang en selfs ‘n paar geelbek is aangekeer en dan is daar nog mooi hotties ook te vinde naby die riwwe.

Die groter bote se aanslag sal so bietjie verskil, maar loer maar vir die kabeljou en wees reg wanneer die ander vis gesig wys.

Nou iets anders. Ek het nogal heelwat bewondering vir die “tag and release”- manne. Dit kos heelwat oorweging om ‘n mooi vis weer “liefdevol” sy vryheid te gee, veral as jou pan of rooster staan en oproes! Dalk is ek verkeerd, maar as jou vangs nie op so ‘n gereelde basis plaasvind nie, is dit ook maar moeilik om gehoor te gee aan bogenoemde.

Nou die dag ‘n makrieltjie vanaf die boot gevang, omtrent so 5 sentimeter! Almal weet hoe ougat lyk ‘n baba-hondjie en ook enige ander jong babagedierte. Dit raak jou hart se punt en ‘n vis voldoen ook hieraan. Indien jy eendag die voorreg het om so ‘n jong vissie in jou hand te hou, sal jy weet waarvan ek praat. Ek dink wel dat as jy nie een van die gereelde merk en laat gaan-manne is nie, jou doel so bietjie anders is wanneer jy jou klein of ondermaatvissie terugplaas in die water, want dis gewoonlik met die volgende woorde, “gaan en word groot”.

Die mikpunte verskil so bietjie. Die genot van hengel verskil ook sekerlik van hengelaar tot hengelaar, want die lekkerkry vir sommiges lê by die vang van die vis, vir ander om die kuns daarvan en vir sommiges is dit net ‘n lekker ete.

Dit kan selfs ‘n strydpunt word oor wie reg en wie verkeerd is, maar maak dit werklik saak? Solank almal mekaar en die seelewe respekteer sal daar nie werklik ‘n probleem wees nie. Die see is daar vir ons almal om te geniet. Moet net nie uit die oog verloor dat dit nie ‘n onuitputlike bron is nie.

Onthou ook  --  hou altyd enige plek netjies.

Ek besef elke dag meer hoe afhanklik ek is van nie net die see nie, maar die natuur oor die algemeen.

Dit gee jou ook ‘n besef van Hom. Ek dink al die mense wat ek ken wat naby die see woon, al die vriende en my familie het nie enige oortuiging nodig om hulle gevoel vir die see te beskryf nie. Dankie aan almal.

‘n Geseënde Kersfees en baie voorspoedige nuwe jaar aan almal. Geniet die familie, geniet die see en rus en vrede vir almal. Ry versigtig.    

Groete,  
Seemeeu

Kabeljoutyd!

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles