Nuwe SA-rekord met bielie-barber

Nuwe SA-rekord met bielie-barber

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die 15-jarige Iwhan van der Merwe wat as klein tjokkertjie op Pearly Beach se strand begin hengel het, het verlede week ‘n nuwe Suid-Afrikaanse varswaterhengelrekord opgestel toe hy ‘n bielie van ‘n barber uitgetrek het.  Die barber het die skaal op 18.97 kg getrek.

Iwhan het die Westelike Provinsie verteenwoordig by die SA Varswater Hengelkampioenskappe wat gedurende 12 en 14 Desember by Bloemhofdam aangebied is.

Hy is ‘n lid van die Paarl Varswater Hengelklub en dit is die tweede keer dat hy aan die nasionale kompetisie deelneem.

Die omstandighede was maar moeilik, maar die WP-spannetjie het hulle harte uitgehengel.

Op die tweede dag van die kampioenskappe was Iwhan se eerste vis van die dag ‘n 8kg barber, wat op sigself vir sy ouderdom ‘n groot prestasie is. Daarna vang hy ‘n bielie van ‘n karp (6.7kg). Toe byt die ou grote en sy katrol “hardloop weg”.  Na 20 minute se gespook en spartel, sleep hy eiehandig die vis uit - ‘n allemintige 18.97 kilogram barber. Voor die prysuitdeling is vasgestel dat die barber ‘n nuwe Ope Suid-Afrikaanse rekord is.

Iwhan het medaljes vir die grootste barber, asook vir ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord ontvang – ‘n skrale 0.4 gram onder die algehele rekord.

Iwhan is ‘n graad 10 leerder aan die Hoërskool Gimnasium in die Paarl.

Sy oupa en ouma, Johan en Maria Slabbert, asook sy ouers hou al vir jare vakansie op Pearly Beach in die "bungalows". “Iwhan kuier al van kleinseuntjietyd vakansietye saam met sy grootouers en familie hier en die visvanggogga het hom al gebyt toe hy maar so  'n ou klein tjokkertjie was,” vertel sy tannie, Helena Venter van Pearly Beach.

“Eers het jy die klein seuntjie met die visstok op die rotse gesien staan - enige tyd, vroegdag, laatdag en soms heeldag en nou sien jy die ervare jong hengelaar steeds op dieselfde rotse, aangesien hy net so ‘n kranige seehengelaar is as ‘n varswaterhengelaar.”

Sandrie Wessels en Dirk Lourens, altwee welbekende varswaterhengelkampioene van Perlemoenbaai, vertel dat hulle Iwhan sowat drie jaar gelede as ‘n seuntjie met ‘n passie vir hengel langs ‘n dam ontmoet het.

“Die afgelope drie jaar het ons hom voluit ondersteun en bygestaan en het ons gesien hoe uitstekend hy as ‘n varswaterhengelaar ontwikkel.

Vandag is almal van ons by die Disa Fishing Span baie trots op hom en wens hom graag geluk met sy uitsonderlike prestasies.”

Nuwe SA-rekord met bielie-barber

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles