Germishuyse hou 35ste familiefees

Germishuyse hou 35ste familiefees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die eerste familiefees van Gansbaai se Germishuys-familie is vroeg in Desember in 1981 gehou - 35 jaar gelede. Tydens daardie fees het oupa Willem (Vales) Germishuys, ‘n visserman van Gansbaai, 80 jaar oud geword.

“Ná sy afsterwe het die familie (bestaande uit Vales se seuns en dogters) besluit om jaarliks met die fees voort te gaan,” vertel Hennie Pienaar. “Later het dit ‘n gewilde familie-byeenkoms geword waar familie met hul jong nasate, jaarliks vanoor die hele land na wyle Willem en Lada Germishuys se huis kom vir die feesvieringe.”

Die derde geslag van oupa Vales Germishuys is nou al deel van dié fees wat jaarliks van krag tot krag groei. Vrydagaand het die verrigtinge afgeskop met ‘n tradisionele snoekbraai.

Saterdag, die groot dag, begin vroeg met ‘n verskeidenheid van speletjies en kompetisies, waaraan oud en jonk ewe geesdriftig deelneem. Met vanjaar se fees was die tema: “Natuur”.

Vrae oor die natuur was aan die orde van die dag met geskenke so reg uit die natuur.

‘n Spesiale wisseltrofee vir die kompetisies is elke jaar op die spel.

Teen die aand, met skaapvleisgeure wat in die lapa gehang het, is die wenner aangekondig: ‘n Verrassing het gevolg met die wenner as die jonge Tiaan uit die derde geslag. Tiaan is die seun van Chris Esterhuizen, wat weer die oudste kind is van die oudste dogter, San Esterhuizen van Williston.

In die tweede plek was Francois Fraser, skoonseun van Grietha, die derde dogter van Vales Germishuys. In die derde plek was Ria, die derde oudste dogter wat vanjaar 80 jaar oud geword het.

Die hele familie het Sondag-oggend vroeg die kerkbanke in Baardskeerdersbos se NG-kerk vol gesit.

Na ‘n heerlike middagete het hulle na hul onderskeie bestemmings vertrek, net om mekaar DV volgende jaar weer hier te ontmoet.

Germishuyse hou 35ste familiefees

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles