“U troue liefde is meer werd as die lewe” - Ons sê sommer net dankie

“U troue liefde is meer werd as die lewe” - Ons sê sommer net dankie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys. Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om u Naam te prys.” (Ps. 63:4,5) 

“Dit is goed om die HERE te loof, om u Naam te besing, Allerhoogste.” (Ps. 92:2)

“Loof die HERE, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!" (Ps. 107:1)

Hier aan die einde van 2016 kan ek nie anders as om oor die see uit te kyk, my hande op te hef en die HERE uit die diepte van my hart te loof en prys nie! Ek nooi jou nou uit om langs my te kom staan en vir die HERE dankie te sê vir Sy getrouheid en liefde!

Ons loof U HERE, vir elke dag van hierdie jaar waardeur U ons gelei en bewaar het!

Ons loof U Vader, dat U só geduldig met ons was, selfs wanneer ons opstandig geword het!

Ons loof U Jesus Christus, dat U elkeen van ons sondes vergewe het en ons die nuwe lewe geskenk het wat ons nuwe hoop en visie gee vir die toekoms!

Ons prys U Heilige Gees, dat U elke oomblik van hierdie jaar in ons harte die vuur laat brand het vir ‘n lewendige verhouding met ons Verlosser, Jesus Christus!

Ons loof U vir daaglikse krag en gesondheid waarsonder ons nie kan voortgaan nie!

Ons prys U vir elkeen van ons familie en vriende wat ons pad kon kruis en aan wie ons ‘n klein bietjie van U liefde kon gee!

Dankie Abba, vir ons kinders en geliefdes wat ons met soveel liefde oorlaai. Ons wil hulle almal weer eens aan U opdra en dankie sê dat U hulle ook só baie lief het!

Ja HERE, ons is ook dankbaar vir ons geliefdes wat deur U weggeneem is na die ewige Vaderhuis! Ons sien só uit daarna om ook eendag saam met hulle by U te wees! Dankie dat ons weet U kom ons haal op U bestemde tyd!

Ons loof U Skepper GOD, vir die mooi land waarin ons woon, die sonskyn en die reën, die see, berge en uitgestrekte vlaktes! U is wonderbaarlik groot, Vader!

Ons loof U vir elke geleentheid waar ons vir ons leiers kon bid en ons land aan U kon opdra! U regeer HERE, en ons weet U is in beheer – laat U wil net oral geskied!

Ai, HERE, ek kan U nie ophou loof vir die wonderwerke wat U in my lewe laat gebeur nie! U verhoor ons gebede op U tyd en U gee uitkoms wanneer ons dit nie verwag nie! Halleluja!

Dankie Vader, vir oë om te kan sien hoe goed U is! Dankie vir ‘n mond om aanmekaar te getuig van U genadige liefde vir ons as sondaars! Dankie vir hande en voete om besig te bly met U werk hier op aarde!

Dankie! Dankie Dankie! Ons is só lief vir U!

“U troue liefde is meer werd as die lewe” - Ons sê sommer net dankie

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles