Kameras uit toeka se dae

Kameras uit toeka se dae

Gansbaai Courant

Veteraankameras sover terug gedateer as 1938 - wát ‘n interessante belewenis vir enige fotograaf!

John McGregor se uitstalling van sy versameling van kameras in Gansbaai Toerisme se lokaal bestaan uit meer as 30  ou kameras, met elkeen sy stukkie interessante geskiedenis.

“Ek het net een doel voor oë met my versameling van ou kameras en die uitstallings wat daarmee gepaard gaan - bewaring vir die nageslag sodat hulle kan sien in watter mate die tegnologie gevorder het vanuit ‘n era wat jong mense nie meer vandag ken nie,” vertel John. 

Enkele voorbeelde is die baie skaars Minolta 110 Zoom SLR; Leica 110 Wetzlar (Duitsland) van 1938, wat deur die Russe hervervaardig is onder die naam FED2 (1955) en later as die ZORCI (1955). Kameras wat in die sestiger jare gewild by die “fotograaf op straat” was, is die Asahi Pentax S3 en die Asahi Pentax S10.

Verskeie ou kameralense is ook in die uitstalling te sien. ‘n Besoek aan die uitstalling is beslis die moeite werd.

Enige iemand wat meer van die besondere oudhede te wete wil kom kan vir John McGregor by 060 735 8865 skakel – en nee, sy kameras is nie te koop nie.

Kameras uit toeka se dae

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles