Twee sprankelende ballerinas ontmoet uiteindelik

Twee sprankelende ballerinas ontmoet uiteindelik

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit was ‘n sprokies-ontmoeting tussen 2 ballerinas Donderdag, 15 Desember 2016 - Lynette van Wyk van Gansbaai, ‘n eertydse wêreldbekende ballerina en Alice le Roux (19) van Pretoria, ‘n jong opkomende ballerina.

Lynette het reeds verskeie foto’s van Alice ontvang en is daarvan oortuig dat groot hoogtes in die balletwêreld op haar wag. Sy sien al baie lank daarna uit om Alice persoonlik te ontmoet.

Alice is die “aangenome” kleindogter van Hardus en Anita Botha in Gansbaai en sy het saam met haar ouers, Etienne en Alta le Roux, kom kuier.

Etienne is sedert sy laerskooljare aan Hardus en Anita bekend en die Le Roux-egpaar se huweliksonthaal het op 1 Julie 1994 in die Botha-egpaar se woning in Pretoria plaasgevind.

Alice le Roux

Alice is op 22 April 1997 in Pretoria gebore. Sy het reeds op die vroeë ouderdom van 3 jaar met balletklasse in die Cecchetti tegniek begin.

Vanaf 12-jarige ouderdom het sy ook die Russiese tegniek van Vaganova bestudeer.

Alice se stokperdjies wat sy beoefen (wanneer daar tyd is!), is klavier speel vir ontspanning en tjello, waarin sy haar musiekeksamens aan UNISA en die Royal School of Music afgelê het. Sy lees ook graag en geniet uitstappies in die natuur met haar hond.

Enkele van Alice se balletprestasies is: Venezuela (2012) as finalis in die CIBC International Ballet Competition in Caracas, Venezuela; ‘n Solo balletuitvoering in Senegal, Dakar (April 2013) op uitnodiging van president Macky Sall ter viering van die onafhanklikheid van Senegal; Deelname aan die South African International Ballet Competition in Kaapstad (2014) waar sy die tweede rondte behaal; Wenner van die Natalie Stern toekenning (2013) vir die mees belowende en artistieke balletuitvoering vir die Cecchetti klassieke balletfakulteit, asook in 2015; Finalis in die Cyril Beaumont Cecchetti kompetisie in die Hilton College, Pietermaritzburg (2015).

Tydens die Val Whyte Beurs-kompetisie tree sy as finalis op en word toegelaat tot die Joburg Ballet Academy vanaf 2011 tot 2015. Gedurende hierdie tydperk neem Alice deel aan produksies soos aangebied deur Joburg Ballet.

Na die 2015 oudisies vir Joburg Ballet se Aspirant Program wat in 2016 plaasgevind het, is sy ‘n kontrak vir die rang van Junior Corps de Ballet aangebied.

Teen die einde van 2016 is sy na die rang van Corps de Ballet vir 2017 bevorder.

Gedurende haar eerste jaar in die balletgenootskap (2016), was sy deel van die uitvoerings Giselle, Romeo and Juliet en Cinderella wat in die Joburg Balett Theatre aangebied is. Joburg Ballet doen ook uitreik uitvoerings onder gemeenskappe en skole in Soweto en Alexandra. Onder andere het Alice op Erfenisdag in die Albertina Sisulu Sentrum, Soweto Cygnets uit Swan Lake gedans.

Op uitnodiging van die Johannesburg Youth Ballet het sy in Oktober vanjaar die titelrol van Titania in hul produksie van A Midsummer Night’s Dream (gekoreogra-feer deur Mark Hawkins) in die Joburg Ballet Theatre gedans.

Alice se jaar by die ballet-genootskap is afgerond met die opvoering Studio Soi-ree’s, waartydens sy die pas de deux uit A Midsummer Night’s Dream gedans het en sy was ook deel van die pas de quatre uit Esmerelda.

“Ek sien baie uit na Joburg Ballet se eerste produksie vir 2017, La Traviata, wat my eerste ervaring in hierdie klassieke ballet gaan wees,” het Alice haar onderhoud met haar trotse oupa Hardus afgesluit.

Lynette van Wyk

Lynette van Wyk was op haar tyd ‘n bekende in balletkringe en vele berigte oor haar is al in Gansbaai Courant gepubliseer.

Lynette het wêreldwyd vele hoofrolle in hoogaangeskrewe balletuitvoerings vertolk, soos: Zwanemeer, Sleeping Beauty, Cappelia, Romeo and Juliet, The Dream, La Fille Mal Gardee en vele meer. In haar voormalige professionele beroepslewe as hoofballerina beskik sy oor meer as 30 jaar se ervaring.

Sy was ook ‘n lid van die Dance Education Art School in die Wes-Kaap in die Cape Town City Ballet Company, asook ‘n lid van die Johannesburg Ballet Company.

Lynette beskik oor vele opleidingsertifikate wat deur ‘n verskeidenheid van balletinstansies wêreldwyd aan haar uitgereik is, asook oor nie minder nie as 107 diplomas in verskillende dansvorme.

Deur middel van haar “Dance Variations Co” in Gansbaai benut sy steeds haar talente vir die opleiding van kinders, veral met die fokus op lofdanse.

“Wat vir my belangrik is om te beklemtoon, is dat ek alle eer aan God gee vir my wonderlike en suksesvolle beroepslewe as ballerina,” is Lynette se gereelde kommentaar, “En my ontmoeting met Alice was vir my ‘n persoonlike hoogtepunt en daar bestaan by my geen twyfel dat sy groot sukses sal behaal nie.”

Twee sprankelende ballerinas ontmoet uiteindelik

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles