Besoekers, vriende, hengel en daardie lekker kuier

Besoekers, vriende, hengel en daardie lekker kuier

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wanneer die weer so bietjie opspeel en see toe-gaan bemoeilik, krap dit nogal aan ‘n man. Ek meen, jy gaan dit nie op see waag nie en noodgedwonge beteken dit by die huis bly en maar “huistakies” verrig. Dit het natuurlik sy goeie kant ook, maar wanneer toestande verbeter en jy het intussen gesorg dat jou hengel-gereedskap in orde is en alles is geolie en nagesien, sal niks jou terughou om te gaan kyk of jy nie ‘n “vissie vir die pan” kan kry nie.

Die naweek het daar kwaai winde gewaai en al wat goed was daaraan was dat dit meestal wes- of noord-westers was, wat darem meer van ‘n viswind is. Ongelukkig vir die kabel-joumanne met die amper-bootjies is dit die suidooster wat sorg vir die regte kleur water, en dié was maar skaars. Die vooruitskouing was nogtans dat na die winderige en baie deur-mekaar water die toestande baie beter sou wees vir boothengel. Teen Maandag het sake goed gelyk en die bemanning wat al leepoog gelyk het teen hierdie tyd is bymekaar gemaak en ons is see-in!

En onthou dat die visvangs nie te waffers was laas week nie dus is daar nogal uitgesien na die vangslag. Ek sal liewer in die volgende berig verslag doen hieroor aangesien ek van plan is om behoorlik van die kans gebruik te maak. Die volgende paar dae lyk heel belowend.

Daar is ook heelwat besoekers wat behoorlik uitgesien het daarna om hulle geluk te probeer en so bietjie boothengel te beproef. Al vertroosting vir hulle is  --  wees dankbaar dat jy met hierdie water nie die kans gevat het nie, want vir sommiges is daar iets soos seesiek wat nie een van die heel aangenaamste onder-vindings is nie. En dan is daar nog skippers wat vere voel vir jou! Moet egter nie dat dit jou afsit nie, dis maar deel van die hele storie en alles word in ‘n goeie gees gedoen. Daar is darem ook die opsie om van die kant af te hengel en as die beplanning goed is behoort jy jou vis te kry.

Die vakansiegangers is teen hierdie tyd goed op dreef en soos die omgewing lewe van al die aktiwiteit kan mens waarneem dat die gees goed is. Dis baie lekker om  met die feestyd hier familie en vriende te onthaal en ‘n slag lekker saam te kuier. Ek wil graag aan almal ‘n baie besonderse nuwe jaar toewens. Laat die toekoms net die beste inhou en mag Hy almal seën. Bestuur asseblief versigtig en wees bedagsaam. Geniet die see en toon altyd die nodige respek. Groete, Seemeeu

Besoekers, vriende, hengel en daardie lekker kuier

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles